kategorieë: Dekor

Doen dit self: mooi met weggooigoed

Basiese benodigdhede
Mediumgrein skuurpapier
Kwas
Maatband
Potlood
Boor en boorpunte
Skroewedraaier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Benodighede

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Klein vurkhyser-houtdrablad (pallet). Wees op die uitkyk by fabrieke vir ou drablaaie
Wit Plascon Double Velvet
Terpentyn
8 mm perspex (in die verlangde grootte gesny en aan die een kant gesandspuit) – beskikbaar by plastiekspesialiste
9 Drywall-skroewe vir die perspex-blad
9 Plastiekspasieerders (10 mm)
4 Wiele (2 met remme) – beskikbaar by Castor & Ladder
Skroewe vir wiele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maak só

1 Draai die drablad onderstebo. (Deur die blad onderstebo te gebruik, word ekstra pakplek onder die koffietafel geskep.) Meet die oppervlak van die drablad om die grootte van die perspex-blad te bepaal. Die perspex moet presies so groot soos die drablad wees (geen oorhang nie).
2 Laat sny die perspex en laat boor 8 gate (posisies soos aangedui in diagram 1). Laat die perspex aan die een kant sandspuit – dit verdoesel krapmerke en gee die koffietafel ’n solieder gevoel. (Dis jou keuse of jy die blad wil sandspuit of nie.)
3 Skuur die drablaaie met skuurpapier om splinters te verwyder. Verf of vernis die hout in ’n kleur van jou keuse. Ons het wit Plascon Double Velvet, verdun met terpentyn, gebruik (1 deel verf op 3 dele terpentyn), en drie deursigtige lae geverf tot die gewenste kleur verkry is. Skuur die hout weer liggies af.
4 Plaas die wiele in posisie (sien diagram 1) en merk die posisie van die skroewe. Boor voorlopergate met ’n boorpunt een grootte kleiner as die skroewe en skroef die wiele vas (sit die wiele met die remme aan dieselfde kant van die drablad).
5 Plaas die perspex-blad in posisie (sien diagram 1) en merk die posisie van die skroewe. Boor voorlopergate met ’n boorpunt een grootte kleiner as die skroewe. Plaas die spasieerders in posisie, daarna die perspex-blad (gesandspuite kant na onder) en skroef die blad vas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wenke

1 As jy nie ’n mooi, heel drablad kan kry nie, kan die goeie planke van ’n paar lendelam dra­blaaie gebruik word om ’n “nuwe” blad te bou.
2 Sluit altyd die remme vir veiligheid sodra die koffietafel op sy plek staan.
3 Die gaatjies in die perspex moet liefs deur ’n professionele persoon geboor word sodat dit nie splinter nie.
4 Perspex krap baie maklik – wees versigtig met wat jy op die tafel sit.
5 Maak die perspex-blad skoon met produkte wat ammoniakvry is (Mr Min of louwarm seepwater werk goed).
6 Ligte krapmerkies kan met Brasso gepoets word.
7 Die perspex-blad kan deur glas vervang word.

Diagram

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.