Doen dit self met haarserpies: Ons wys jou hoe! deur Justine Kroes. Hooffoto: iStock
Haarserpies hélp!
Al ooit gewonder hoe om self ’n haarserpie te gebruik om jou eie haarstyl op te kikker?
Die haarserpie is ’n moet hê styl-item vir vandag se voorkoms wat sommer ook jou beste vriendin sal word tydens kwarantyn.
Red vinnig jou voorkoms op ’n vaal dag of wanneer jou hare bietjie lank laas gewas is of steek daardie wortels wat uitgroei maklik weg met jou haarserpie.
Lees ook: Ons wys jou hoe om al jou gesigmaskers reg te gebruik
Dit is wat jy nodig het:
- Jou gunsteling-haarserpie of nekserpie
- Knippies
- Haarrekkie
- ’n Klein bietjie geduld!
#rrWenk: Oefen, oefen, oefen! Speel rond met die haarserpie totdat jy ’n styl vind wat vir jou haartipe/lengte werk, die stylkeuses is eindeloos!
Lees ook: Pak nou jou skoonheidsprodukte weg en gooi hierdie produkte weg
Doen dit self met haarserpies: Ons wys jou hoe!
Hier is 7 maniere wat jy ook nou kan probeer, loer ook na die video hier: