Naaldwerk-benodigdhede
- Goeie naaldwerkskêr
- Borduurskêr
- Maatband en klein plastiek liniaal
- Staalnaaldwerkspelde
- Lostrekkertjie
- Naalde vir verskillende gewigte materiaal
- Stoomstrykyster
- Stomp breinaald om hoeke uit te druk
- Naaimasjien met gewone voetjie
Kombers met lintafwerking
- Sybokhaarkombers
- Lint in ’n verskeidenheid breedtes (ons het 50 mm-, 16 mm-, en 9 mm-lint gebruik)
- Borduurgare
Maak só
1 Meet die breedte van die kombers om die lengte van die lint te bepaal. Gebruik dié mate en sny die lint in die verlangde lengte: breedte van die kombers +2 cm.
2 Vou elke punt van die lint met 1 cm terug na die verkeerde kant, steek en ryg die lint in posisie op die kombers. Herhaal met die verskillende linte.
3 Stik die linte in posisie met ’n randstiksel en trek die rygdrade uit.
4 Werk borduursteke op die lint vir versiering.
5 Werk die steke só dat dit nie aan die agterkant van die kombers wys nie.
#rooirosewenk
Die stiksels en borduursteke kan aan die agterkant van die kombers met ’n strook voering afgewerk word.
Komberskussing
- Kombers
- Sybokhaarwol
- Breinaalde (grootte 5,5)
- Fluweellint (30 mm wyd)
Maak só
1 Sny twee vierkante van 47 cm x 47 cm (insluitend 1 cm- naattoelatings) uit die kombers vir die voor- en agterpante.
2 Sny 4 stukke lint in lengtes van 47 cm x 5 cm.
3 Brei 4 blokkies van 15 cm x 15 cm elk met die sybokhaarwol.
3 Steek en ryg die gebreide blokkies op die voorpant met regte kante na bo om ’n blokkiespatroon te vorm.
5 Steek en ryg die lint in posisie sodat dit 1 cm oor die blokkies steek.
6 Stik die lint met randstiksels in posisie.
7 Plaas die voor- en agterpante regte kante opmekaar en stik aan vier kante vas met ’n 1 cm-naattoelating, maar laat ’n opening aan een sy groot genoeg om die binnekussing in te sit.
8 Knip die hoeke en keer uit om ’n sloop te vorm. Druk die hoeke met ’n breinaald uit. Sit die binnekussing in die sloop en werk die opening met die hand of masjien toe.
Kombersgordyn
- Kombers
- Materiaal vir voering (ons gebruik ’n glimmende satyn)
- Gordynknippies
- Gordynpaal met ringetjies of
- Gordynkabel
Maak die voering só
1 Meet die grootte van jou kom-bers (ons s’n is 134 cm x 215 cm).
2 Sny die voering uit met ’n 14 cm-naattoelating in die breedte en ’n naat-toelating van 10 cm in die lengte (ons s’n is 148 cm x 229 cm).
3 Vou in en stryk ’n 4 cm- dubbele soom langs albei synate van die voering en ’n 6 cm- dubbele soom langs die onder- en boonste rand. Die voering sal effe smaller en korter as die kombers wees.
4 Steek die voering al langs die boonste rand aan die kombers vas, verkeerde kante opmekaar.
5 Werk die boonste rande met oorhandstekies aan mekaar vas.
6 Knyp gordynknippies aan die boonste rand en hang aan ’n gordynpaal met ringe of direk aan ’n gordynkabel.