kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

Doen-dit-self: Kokedama

Benodighede

• ’n Klein plantjie (kies ’n plant wat hou van skaduwee, want onthou, mos is nie mal oor direkte sonlig nie). Jy kan selfs kyk na vetplante wat nie te swaar is nie
• 7:3 ratio grond wat bestaan uit gedeeltelik-ontbindende plantmateriaal en bonsai-grond
• droë mos
• ’n skêr
• katoendraad
• mooi tou soos twine
• water
• natterige mos

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Stappe

1. Verwyder soveel moontlik grond van die plantjie se wortels, sodat die wortels baie sigbaar is. Wees baie versigtig met die wortels.
2. Meng die twee soorte grond tot jy kan sien dat wanneer jy ’n balletjie vorm, dit nie uitmekaar val nie.
3. Maak nou ’n balletjie (lemoen-grootte). Gebruik ’n bietjie water indien dit hier en daar uitmekaar val (kleierige gevoel).
4. Maak seker dat die balletjie genoeg spasie het vir die plant se wortels.
5. Vat van die droë mos en draai dit versigtig om die plant se wortels sodat dit die vorm van ’n sirkel aanneem.
6. Draai die katoendraad ’n paar keer om (dit sal met tyd oplos).
7. Maak ’n gaatjie in die balletjie en druk die plantjie se wortels versigtig daarin vas. Druk alles weer saggies saam in ’n balletjie.
8. Neem stukkies mos en druk dit vas teen die balletjie – moenie oop spasies tussenin los nie.
9. Neem twine en draai dit om die bal, moenie spasies ooplos nie. Maak seker jy los aan die einde genoeg tou sodat jy dit êrens kan ophang.
10. Kies ’n area waar jy die Kokedama kan hang, spesifiek in die skaduwee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

2 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

12 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

1 day Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

1 day Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

1 day Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.