Hout en glas
Vir hierdie projek is slegs een laaibord gebruik. Ons het wieletjies, beskikbaar by hardeware winkels, op die onderste vier hoeke vasgeskroef. Daarna het ons gewone rubberdeurstoppers bo-op die blad se vier hoeke geplaas en met glas van 5 mm dik bedek. Die deurstoppers beskerm die glas en skep ’n ruimte om foto’s of tydskrifte as versiering te plaas.
Kopstuk
Benodighede:
Houtlym, terpentyn, liniaal, nuts-messie, A2-grootte fotostaat, kwas, dècoupage-basis, dècoupage -bedekker, klein Small crack-base, Antique bronze rub en papierservet.
Aanwysings:
- Skuur die oppervlakte glad.
- Meet die planke en deel die fotostaat in soortgelyke stroke op.
- Plak die stroke op die blad. Wees versigtig vir blasies.
- Bedek die oppervlak met 3 lae Small crack-base. Laat rus ’n uur voor elke herhaling.
- Bedek met een laag bedekker. Laat goed droog word.
- Verdun brons met terpentyn en vryf dit met ’n papierservet in die krakies.
Kruietafel
Hier het ons 3 kratte gebruik. Twee vir die voete en een vir die blad. Twee planke is op die blad verwyder om plek te maak vir die kruie. Om die tafel stewig te maak, het ons twee dwarsplanke onder aan die tafel vasgeskroef.