Die #nomakeupselfie fenomeen waar jy ’n foto van jouself sonder grimering op Instagram of Facebook laai, het reeds £8 miljoen vir kankernavorsing ingesamel.
Die #nomakeupselfie het egter ook onder kritiek deurgeloop omdat baie mense nie bewus was daarvan dat die doel daarvan is om geld te skenk en die besonderhede van die oganisasie by te voeg nie. Maak seker jy doen dit reg deur die volgende inligting by jou #nomakeupselfie te voeg:
Skenk R20 deur PINKDRIVE te sms na 401581. “Tag” dan jou vriende wat jy uitdaag om dieselfde te doen.