kategorieë: ReisOntspanning

Doen dit in Kaapstad

Voordat die son vir die winter gaan wegkruip, is hier ’n lys van ons gunstelingdinge om in en om Kaapstad te doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Vroegoggend Leeukop-stappie

Vir die vroegoggend-voëltjies: Stel jou alarm vir 05h00 en ry na Leeukop om die kleurryke sonsopkoms te aanskou en te sien hoe die stad stadig maar seker ontwaak. Hierdie twee uurlange staptog is pragtig in die oggend en jy sal vind dat die lug vars, die wind afwesig en die stilte hipnotiserend is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Koste: Gratis

Meer inligting: hikingcapetown.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Huur ʼn SUP

Stand-Up Paddling (SUP) speel die hoofrol in ’n wêreld van alternatiewe watersport en Big Bay-strand bied die perfekte speelveld. Gaan na Cabrinha Kites by die Eden on the Bay-winkelsentrum om ’n bord te huur of om lesse te bespreek. Jy sal dit vinnig onder die knie kry en op jou eie regkom … terwyl jy Tafelberg aanskou.

Kostes: R195 vir 1 uur se huur, R295 vir 2 ure en R445 vir 4 ure. Groeppakkette is ook beskikbaar.

Meer inligting: edenonthebaymall.co.za

3 Kirstenbosch-somerkonserte

Somer is nie somer in Kaapstad sonder om ten minste een konsert op die ongerepte grasperke van die Kirstenbosch Botaniese Tuine te sien nie. Gryp jou vriende en familie, pak ’n piekniekmandjie en geniet die pragtige natuurskoon en musikale genie van die aand se optredes.

Kostes begin by R125. Spesiale pryse vir kinders en jongmense is beskikbaar.

Meer inligting: Kry die lys van 2017 se kunstenaar by sanbi.org/events

4 Wafels op die strand

Vir die beste Belgiese wafels in Kaapstad, gaan na die Big Bay Waffles Company in Blouberg. Bederf jouself met ’n smullekker wafel bedek met jou keuse van soet- of soutbolae. Boonop het jy die perfekte uitsig van Tafelberg.

Kostes: Vanaf R29

Meer inligting: edenonthebaymall.co.za/big-bay-waffle-company

5 Ry fiets al langs Seepunt

Huur ’n fiets van UP Cycle by The Pavilion en neem ’n rustige rit al langs die strand af. UP Cycle het ook huurstasies geleë by:

  • Clock Tower Square by die V&A Waterfront
  • Breakaway Café op die Waterkant Street Fan Walk, in die middestad
  • Camps Bay by die Bay Hotel op die Victoria Road strip

Geniet ’n sny koek by Charly’s Bakery

Charly’s Bakery is ’n familiebesigheid in die hartjie van Kaapstad. Dit word bestuur na aanleiding van die eienaars se sleutelfilosofie: ‘Innovate, don’t imitate’ en hulle kry dit werklik reg met die groot verskeidenheid kolwyntjies, petit fours, koekies en ander lekkernye. Vir die lekkerste, mees bisarre koffie en koek wat jy nóg gehad het, gaan kuier by hulle in Roeland-straat.

Kostes: Koffie en ’n soet genot vanaf R35

Meer inligting: charlysbakery.co.za

Ou films by die Labia Teater

Die Labia Teater, wat sy deure in 1949 geopen het, is die oudste onafhanklike kuns-repertoire teaters in Suid-Afrika. Herleef oupa en ouma se nostalgie deur ’n reis na ’n outydse bioskoop. Die eens Italiaanse Ambassade-danssaal is nou ’n ‘trendy hotspot’ vir filmliefhebbers, hipsters en verliefdes. Plus, dit is goedkoper as ’n kommersiële bioskoop. Perfek!

Koste: Alle films kos R50

Meer inligting: www.thelabia.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.