Versorg deur Mariette Snyman. Foto Freepik
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }“Die gebruik van middels soos alkohol, dagga, metamfetamien (crystal meth), methcatinone (CAT) en voorskrifmedisyne om lewensdruk te hanteer, is ’n algemene verskynsel in Suid-Afrika. Al meer mense sukkel met spanning en die vinnige pas waarteen ons leef, en vind troos in hierdie middels. In die era van tegnologie is daar egter ’n ander groeiende vorm van afhanklikheid: dobbelverslawing.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Lees ook: Verslaaf op jou oudag?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Só sê Peta-Lyn Foot, programbestuurder van die verslawingseenheid by die Akeso Crescent-kliniek in Randburg. Sy verduidelik dat dobbelverslawing verskeie ooreenkomste met ander verslawings toon.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
“’n Verslawing word gedefiniëer as ’n ongesonde verhouding met ’n middel, of as gedrag wat die gemoed en gedagtes verander. Sodra iemand sukkel om hul daaglikse take sonder die gebruik van die middel te verrig, is dit ’n sterk aanduiding van verslawing.
“Dit is nie nodig dat die persoon die middel elke dag gebruik of daagliks by die gedrag betrokke is nie. Verslawing het te doen met oormaat en met die onvermoë om op te hou met die gedrag of gebruik van die middel.
“Omdat wetgewing rakende dobbelhuise verander het en namate al meer mense toegang tot tegnologie en die Internet verkry, raak meer mense by verskeie vorme van dobbel betrokke. Selfs eenvoudige verskynsels soos die koop van ’n Lotto-kaartjie of die uitneem van ’n lootjie word as dobbel beskou. Die algemeenste vorm van dobbel is aanlyndobbelplatforms en dobbelmasjiene of dobbeltafels by dobbelhuise.
“Navorsing wys dat jong of middeljarige mans meer geneig is om ’n dobbelverslawing te ontwikkel as gevolg van hul avontuurlus en beheptheid met sosiale status. Dobbel is ook meer algemeen in laer inkomstegroepe en word dikwels beskou as ’n kitsoplossing vir finansiële probleme, terwyl dobbel in baie gevalle juis die teenoorgestelde veroorsaak en die probleem erger maak.
“Een van die tekens dat dobbel buite beheer raak, is wanneer iemand ’n dringende behoefte het om te dobbel en al groter risiko’s neem om ’n verlies te probeer ‘red’. Hierdie gedrag kan hul lewensomstandighede, gesinslewe, werk en persoonlike versorging negatief beïnvloed.”
“Iemand kan ook ander versteurings ontwikkel as gevolg van die disfunksie wat deur dobbel veroorsaak word. Daar is ’n noue verband tussen dobbelverslawing en dwelm- en alkoholverslawing, omdat albei dieselfde effek het op die brein. Mense gebruik dikwels dwelms en/of alkohol om hulle te help om te ontspan terwyl hulle dobbel, of om die onderliggende gevoel van skaamte te onderdruk. Soms gebruik mense ook dwelms om hulle wakker te hou. Daar is ook ’n wanpersepsie dat dwelms jou meer helderdenkend maak sodat jy beter besluite sal neem. Verder is depressie en angsversteurings meer algemeen by mense met ’n dobbelverslawing.”
Lees ook: Dwelms, ’n ander woord vir hel
Lees ook: 19 oorsake van ’n paniekaanval
“Dis hoogs onwaarskynlik dat die persoon op hul eie sal kan ophou. Hulle moet hulp kry, omdat die siklus van verslawing moeilik is om te verbreek sonder dat nuwe gedragspatrone aangeleer word.
“Een van die doeltreffendste behandelings is binne-pasiënt-programme, waar die pasiënt ’n tyd lank in die sentrum oorbly. Die meeste sentrums beoog om die individu bewus te maak van die destruktiewe gedrag en help hulle om dit te verander. Binne-pasiëntbehandeling sluit individuele-, groeps- en gesinsterapie in.
“Dit is baie belangrik dat ’n persoon voortdurend ondersteuning kry deur terapie, organisasies soos AA/NA/GA, en deur in ’n omgewing te wees wat die rehabilitasieproses ondersteun.
“Daar is ook buite-pasiëntsentrums beskikbaar vir mense wat nie by ’n binne-pasiëntprogram kan inskakel nie.”
Peta-Lyn beveel aan dat mense wat hulp nodig het hier hulp kry:
Akeso-klinieke – akeso.co.za – of die 24 uur-hulplyn 0861 HELP US (4357 87).
National Responsible Gambling Program – 0800 006 008.
Gamblers Anon – 060 624 7140 OF 071 377 2746.
Om ’n goeie verhouding met tieners te hê, was nog nooit maklik nie, maar in…
Skop die nuwejaar af met dié heerlike vars slaaie! Resepte deur Vickie de Beer
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Hierdie webwerf gebruik koekies.