kategorieë: Leef gesondGesondheid

Divertikulitis: meer as net maagpyn

Jy sal dikwels op ’n spesifieke plek baie teer wees. Jy kan ook koorsig, hardlywig, winderig, naar en opgeblaas wees. Divertikulitis is meer as net maagpyn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Definisies wat jy moet verstaan

Divertikel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Namate jy ouer word, word jou dermkanaal minder glad. Uitstulpings kan soos ballonnetjies in veral die wand van die kolon vorm. Dit word divertikels genoem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Divertikulose beteken jy het divertikels

Een uit elke vyf mense onder vyftig het divertikels. Teen 85 het ses uit elke tien van ons divertikels. Mense wat oorgewig is en min vesel inkry, is meer geneig tot divertikulose.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Divertikulitis

Feses kan in hierdie uitstulpings vassteek en lei tot inflammasie, absesse en skeurtjies in die kolon, waarna die ingewande en/of ander organe kan ontsteek – uiters pynlik en gevaarlik.

Hoe keer ek?

Die vernaamste is om te sorg dat jy vesel inkry: daardie vyf porsies vrugte en groente per dag; ’n veselryke ontbyt met of veselryke pap, soos hawermout, All-Bran, Weet-Bix, of growwe brood en ’n lepel sade of neute.

Probiotika-aanvullers kan ook help. Die res gaan oor ’n basiese gesonde lewenstyl: hou jou gewig normaal, drink vyf tot agt glase water per dag, oefen matig. Maar jy kan nogtans divertikels ontwikkel.

En as ek dit het?

Dit is van die min kere dat jy sal hoor jy moet minder vesel eet – maar ook net vir een tot vier weke, om jou derm te laat rus sodat die wond kan genees. Daarna is dit uiters belangrik dat jy op ’n veselryke dieet gaan. Anders het jy kort voor lank dieselfde probleem. Hier is wenke:

• Drink vrugtesap, heuningbostee, rooibostee, gewone tee, koffie, water (spesifiek geen pruimsap nie).

• Geskikte stysel-verrykte witbrood, Cream Crackers, wit rys, kitsnoedels, Rice Krispies (spesifiek geen springmielies nie).

• Geskikte vrugte soos ’n halwe piesang per dag, appelkose, perskes, waatlemoen, druiwe (spesifiek geen droëvrugte, rosyne, aarbeie of bessies nie).

• Geskikte groente of groentesop gemaak van die volgende: afgeskilde aartappels, komkommer, murgpampoentjies, sampioene, blaarslaai (maar spesifiek nie ander koolsoorte, bone of lensies nie).

• Geskikte proteïen soos sagte vleis, vis, eiers.

Lees ook: 17 simptome waaroor mans hulle móét bekommer

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

6 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

16 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

1 day Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

1 day Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.