Vollengte rolprente wat vir die Silwerskerm-toekennings in aanmerking sal kom, is:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
• Dis Koue Kos, Skat
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Wanneer Clara Brand uitvind haar man, Bernard, is besig om haar te verkul met haar vriendin en kollega Anais, begin Clara ’n nuwe lewe in die Kaap saam met haar twee kinders. Die rolprent is gegrond op ’n boek deur Marita van der Vyver en het Anna-Mart van der Merwe, Deon Lotz, Elzabé Zietsman, Frank Opperman en Angelique Gerber in die rolverdeling. Die regisseur is Etienne Fourie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
• Johnny is Nie Dood Nie
Christiaan Olwagen, ’n bekroonde dramaturg en teaterregisseur, maak sy debuut as filmregisseur met hierdie rolprent oor ’n groep studentevriende in die laat 1980’s in die tyd van die Voëlvry-beweging, militêre diensplig en die Grensoorlog. Rolanda Marais en Albert Pretorius is van die spelers in die rolverdeling.
• Noem My Skollie
Vier tienerseuns, AB, Gimba, Gif en Shorty, woon op die Kaapse Vlakte en probeer hulle bes om die bendes van die area te vermy. Ná AB ’n traumatiese ondervinding het, besluit hulle egter om hulle eie bende te stig. ’n Paar jaar later word AB (Dann-Jacques Mouton) en Gimba (Gantane Kusch) in hegtenis geneem en tronk toe gestuur.
AB gebruik sy talent as storieverteller om die ander gevangenes te vermaak, en wanneer hy vrygelaat word, wil hy sy meisie, Jenny (Tarryn Wyngaard), met sy skryftalent beïndruk. Die res van die bende oortuig hom egter om ’n laaste keer by hulle aan te sluit.
Die verhaal van Skollie is gegrond op die ware verhaal van John W Fredericks, ‘n wêreldbekende draaiboekskrywer. Die fliek speel in die 1960’s af.
• Sy Klink Soos Lente
Ben, ’n werktuigkundige, en Linda, ’n slim rooikop, se paaie kruis. Ben herken haar dadelik en weet dat sy sy baas se dogter is, maar sy weet nie wie hy is nie. Om haar te beïndruk, sê Ben vir Linda hy is in ’n band. Om die wit leuen waar te maak, begin hy saam met ’n paar van sy kollegas ’n band en skryf vir ’n battle of the bands-kompetisie in. Met Amalia Uys, Stiaan Smith, Bennie Fourie, Wilson Dunster, James Cunningham, Darren Kelfkens, Bouwer Bosch en Tina Kruger. Die regisseur is Corné van Rooyen.
• Tess
Die rolprent is gegrond op die boek Whiplash en vertel die verhaal van Tess, ‘n sekswerker, wat swanger raak en alles in haar vermoë moet doen om nie toe te laat dat haar verlede haar lewe verswelg nie. Met Christia Visser, Nse Ikpe-Etim, Brendon Daniels, Lee-Ann van Rooi, Quanita Adams en Greg Kriek.
Die dokumentêre rolprente wat vertoon gaan word en ook vir die toekennings in aanmerking kom, is:
• Alison
Die verhaal van Alison Botha se skrikwekkende verkragting en brutale aanval in Desember 1994 en haar reis na oorlewing. Alison is ’n verhaal van dapperheid, krag en hoop.
• Dorpstad: Unwrapping a Cool Capital
Twee argitekte van Pretoria het in 2014 hulle eie kuns-biennale geskep en mense van Pretoria geïnspireer om nuwe en opwindende kuns regoor die stad te skep.
• I Made a Film That You Will Never See
’n Rolprent oor Michiel Kruger, wat ten spyte van die feit dat hy sy sig op 14 verloor het, verskeie sportrekords verbeter het.
• Noboby’s Died Laughing
’n Dokumentêre rolprent oor die lewe en loopbaan van Pieter-Dirk Uys.
• Op Pad
Die bekroonde joernalis Dana Snyman reis deur die land op soek na homself en op soek na hoop.
• Portret: Lien Botha
’n Dokumentêre rolprent wat die kunstenaar Lien Botha binne die wyer Suid-Afrikaanse gemeenskap kontekstualiseer. In die proses word die verwantskap tussen kuns en die werklike lewe uitgewys en dit dien ook as getuigskrif van waar die idees in die werk ontstaan. Portret poog om visuele kuns vir die kyker te demistifiseer. Die kyker kry die geleentheid om die verstaan van die potensiaal van wat kuns kan wees, op ’n vermaaklike manier te ondersoek. Die titel, Portret, sinspeel nie net op die woord “portret” as ’n genre binne visuele kuns nie, maar suggereer ook ’n dieptestudie van ’n individu.
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.