Ja, jou liggaam is daartoe in staat om homself teen verkoue te beskerm. Maar dit is ewe waar dat talle ernstige kwale aanvanklik soos ’n verkoue lyk. Daarby kan ’n doodgewone verkouetjie blitsig omswaai in ’n ernstige bronchitis. Of jy kan asma ontwikkel of ’n sinusitis oorhou wat jy selde afgeskud kan kry.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Dus: vóór jy besluit om jouself te dokter, moet jy weet wat die gevaartekens is. Gebruik altyd jou goeie oordeel en gaan dokter toe as jy enige van hierdie gevaartekens sien.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
• Jy haal met moeite asem, of kan nie asem kry nie, of haal roggelend asem
• Jy haal baie vlak en vinnig asem
• Jou bors is seer, veral wanneer jy hoes
• Jy hoes bloed, tydens of selfs weke ná die verkoue
• Jy het skielik ’n hoë koors, veral as die verkoue byna oor is en koors skielik kop uitsteek
• Jy hoes na die verkoue al verby is, veral snags
• Jy het ontsettende oorpyn
• Jy het pyn oor jou sinusse. As jy vooroor buk, is jou sinusse geweldig seer en ‘swaar’
• Jou stem is weg
• Jou kliere is erg geswel en swel al meer
• Die verkoue is al verby maar jy het steeds geel neusslym
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Almal is ernstig genoeg dat jou dokter moet besluit of jy antibiotika nodig het. Maar onthou om die antibiotika te spaar vir wanneer jy dit regtig nodig het. Antibiotika hou ook nadele in, byvoorbeeld vir jou dermkanaal se mikrobes.
• Asma
• Bronchitis
• Longontsteking (pneumonie)
• Middelooronsteking (otitis media)
• Stembandontsteking (laringitis)
• Sinusitis
• Endokarditis (ontsteking van die hartweefsel)
Kyk versigtig na hierdie lys van kwale wat met ’n doodgewone verkoue verwar kan word. Almal begin met dieselfde tipiese simptome: ’n bietjie of matige koors, jy nies en/of hoes en jy voel sleg.
• Waterpokkies en gordelroos
• Al die kindersiektes, soos pampoentjies, masels, Duitse masels en polio. Kindersiektes slaan deesdae dikwels uit onder studente omdat die gehalte van die vaksiene nie altyd voldoende was nie en/of omdat dit jou nie baie goed teen nuwe, wilde stamme of stamme wat tipies van Afrika is, beskerm nie.
• Tuberkulose, veral as jy snags erg sweet
• Kroep
• Hepatitis
• Herpes koorsblare
• Klierkoors
• HIV-vigs
• Herpes
• Meningitis
• Ensefalitis
• Hartversaking
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.