kategorieë: Blogs

Dít maak saak

Liewe kinders,

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek sien die gesiggie die eerste keer op Facebook (ja, ja, Mamma weet: sy’s al wéér op Facebook, kyk Pappa!). Die blonde, energieke meisiekind is weg. Almal soek. Vroegoggend skryf haar ma op die muur: My daughter, Klara (14), died tonight.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek ken nie vir Klara nie. Haar ma Liesl Göttert ook nie. Maar my vriende ken haar, en húlle. Ek is weer nie by die huis nie. Sit op die hotelbed en huil oor haar en hare, oor my en myne. Begin dadelik planne maak om minder te reis, om meer by julle te wees, om te weet presies wat jul dink en doen, elke minuut van die dag. Die soveelste keer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Facebook, weer. Ek skryf, tranerig: Iewers langs die pad het ’n vriendin (en ma van vyf) eendag vir my gesê sy het net een missie in die lewe: om kinders groot te kry wat weet wat om met hul emosies te maak. Nou word ons weer herinner hoe moeilik dit is. Klein, komplekse kinderkoppies. Hoe ouer hul word, dink ek, hoe meer het hul jou nodig.

Sy was siek, sê die een. ‘n Tiener, sy’s ’n tipiese tiener, sê ’n ander. Waar’s haar ma? waag nog een. Wat maak dit saak? vra ek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die vraag hang in die lug terwyl ek leer, nee, wéér leer: mense is moeilik, mense is gevaarlik, mense is lelik, mense is selfbehep, mense is . . .

Wat maak dít saak?

Liewe kinders, dít maak saak. Of die storm nou binne of buite jou woed, dit maak saak. Wat ander sê (voor óf agter jou), doen of dink, dit erken of nie, dit maak saak. Wat jy voel, nie voel nie, sê en nie sê nie, dit maak saak.

Dit is nie maklik nie. Dit maak saak.

Mamma?

Moenie vir my vra wat om te doen nie. Wat ek weet is dit: op 3 was Ouma en Oupa daar; op 13 Ouma, Oupa, jul ooms en ‘n hand vol vriendinne; op 23 Ouma, Oupa, jul ooms, twee hande vol vriendinne, vriende en, amper vergeet ek, ‘n onwillige boyfriend, dalk twee; op 33 Ouma, Oupa, jul ooms, jul tantes, te veel vriende en vriendinne om te tel en ‘n baie gewillige Pappa. En nou, op 43, Ouma, Oupa, jul ooms, jul tantes, effe minder vriendinne en vriende, ‘n paar kollegas, ‘n steeds-gewillige Pappa én die twee van julle.

Dít, dít my kinders, maak saak. Vir almal en alles sien ek kans. Al bly mense moeilik, gevaarlik, lelik en selfbehep. Al woed die storm binne en buite, terwyl ander doen, dink, sê en jy en ek soms voel, en soms nie voel nie.

Weet dit. Onthou dit. Jou mense maak saak.

Liefde
Mamma
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.