kategorieë: Leef gesond

Is dit hoekom jy maagpyn het?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Maak so om die oorsaak van jou maagpyn te identifiseer:

• Lê rustig op jou rug.
• Verdeel jou maag in jou verbeelding in drie vlakke: bo, middel en onder. Deel dit dan verder in links, middel en regs. Jy kry dus nege seksies.
• Bevoel nou elke seksie ferm deur en besluit in watter seksie of seksies dit regtig pyn.
• Kyk nou na die skema hieronder, en identifiseer jou pyn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Onthou

Die skema is net om jou te help om jou pyn te verstaan. Dit is nie ’n diagnose nie, en vervang nie goeie mediese raad nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Spreek dadelik jou dokter in die volgende situasies:

• Jy gooi op en is al gedehidreer daarvan (jou oë lê diep in hul kassies; as jy op jou vel druk, bly die duikie sit)
• Daar is bloed in jou stoelgang of uriene
• Die maagpyn het skielik begin en is baie erg
• Jou maagpyn duur langer as ’n dag of twee

Hardlywigheid

Die meeste ander toestande kom op net een plek voor, terwyl konstipasie meestal tegelyktydig regs en links voorkom, asof dit oor jou buik loop. Dit is presies wat dit is: jou dikderm loop van links na regs en min of meer in lyn met jou naeltjie en dan aan jou regtersy afwaarts.

Lees ook: 7 maniere om jou hoë bloeddruk te verlaag

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Beplan ’n wynproe

Begin deur ’n tema te kies. Vir ’n vertikale proe hou jy by dieselfde wyn,…

18 hours Gelede

Burgers met speseryhoender en krakerige koolslaai

Genoeg vir 4.   Bestanddele   Burgers 4 volgraanrolletjies, oopgesny en gesmeer 4 Hoenderborsies 15…

19 hours Gelede

Suurlemoene gevul met suurlemoensorbet

Hierdie lafenis is ’n moet vir die warm somerdae.

21 hours Gelede

MSI stel hul baanbrekerswerk by CES 2025 bekend

Tydens CES 2025 het MSI hul jongste skootrekenaars van topgehalte ten toon gestel, insluitend die…

22 hours Gelede

Die akteurspaar Mila en Bennie is ouers!

Foto's: Instagram/Mila Guy     Klein Karoo BCG Fourie weeg 3,4 kg en is 52…

1 day Gelede

Dr Adé Maré gee glimlagte terug

Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Gerduan Kemp     Dr Adé Maré maak reg wat in…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.