kategorieë: Ontspanning

Dis weer tyd vir Wine Town Stellenbosch

Deur Clifford Roberts. Foto’s: Vuurtoring Media

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die historiese dorp en geestelike hartland van Suid-Afrikaanse wyn, kry woema met ‘n program propvol ervarings wat alle ouderdomme en vlakke van kos-en-wyn-belangstelling sal behaag. Van variëteit-intensiewe proeë en aanbiedings oor boerderytegnieke; tot ontspanne middagetes en asembenewende aandetes; van groot sosiale byeenkomste tot intieme kuiers – dit word alles aangebied met Stellenbosch se unieke wyn- en kulinêre erfenis as fondament.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wine Town Stellenbosch, wat oor sewe dae plaasvind, bied ongeëwenaarde toegang tot die land se top wynlandgoedere en wyne. Geleenthede word op plase en langs die bekende boomryke akkerhoutlanings van Stellenbosch gebou en bou op na die Stellenbosch Wynfees, wat die naweek van 2 en 3 Augustus gehou word.

Sowat 60 van die land se beste produsente sal meer as 200 wyne te proe aanbied, wat saam met ‘n oestafel tot barstens toe vol seisoenale- en plaaslike happies en lekkernye, deur die gevierde sjef Bertus Basson en sy restaurantgroep, onder leiding van sjef Adel Grewar, bedien sal word.

Vanjaar bied Wine Town Stellenbosch weer unieke geleenthede aan, wat spesiaal vir hierdie geleentheid gereël is.

Twee prominente gebeurtenisse fokus op Cabernet Sauvignon, die variëteit waarmee Stellenbosch dikwels die nouste geassosieer word. Dit is die Stellenbosch Cabernet-konferensie, deur Stellenbosch Cabernet Collective, ‘n groep passievolle Cabernet-produsente gereël en vind op 29 Julie plaas. Die konferensie word afgesluit met ‘n gevallestudie in Cabernet, wat deur United Airlines moontlik gemaak word – ‘n vergelykende proe met ster-wyne uit die VSA en Australië.

Cabernet bly steeds op die program, met die “Cabernet deur die jare”-proe, wat deur die Stellenbosch Cabernet Collective gehou word. ‘n Rondloop-proe van spesiaal geselekteerde wyne van uiteenlopende oesjare, word op 1 Augustus by Waterford Wynlandgoed gehou. Kaartjies is beperk, so vroegtydige bespreking word aanbeveel.

Teug, smul en kuier saam tydens Stellenbosch se wynkroeg sonsaksopie-uur, elke dag van 17:00 tot 19:00.  Daar is min beter maniere om die essensie van Stellenbosch-lewe te geniet, as ‘n wandeling deur die lanings wat omlyn is met eikebome en historiese argitektuur. Die sonsaksopie-uur bied aan besoekers die geleentheid om ‘n bietjie tyd by die dorp se beste wynkroeë deur te bring.

Stellenbosch spog met een van die grootste konsentrasies top-restaurante in Suid-Afrika. Sy reputasie vir uitstaande wyn- en kos-ervarings is ongeëwenaar en Wine Town Stellenbosch bied die kans om hulle te kom ervaar. ‘n Reeks voorslag kulinêre geleenthede is in die vooruitsig en sluit ‘n vyfgang-wynmaker-middagete by Blaauwklippen; en sewe-gang ervaring spyskaart by die Manor Kitchen by Lanzerac, in. Jy beter honger wees wanneer jy bespreek vir die sesgang-aandete by Rust en Vrede landgoed; die wynmakers-aandete by die Bertha Wynkroeg; of ‘n sjefs-aandete by Weltevreden landgoed.

Vanjaar se vieringe neem Wine Town Stellenbosch na nuwe hoogtes met ‘n paar uitstaande ervarings.

As jy mal is oor oesters, moenie die fynproewer oester- en wynpasmaats by Cavalli landgoed misloop nie. Ontdek die stories agter die wyne van Simonsig se vinoteek deur sy diepdelwende “Vintage Village”, wat ‘n proe van oesjaar-rooiwyne, witwyne en natuurlik Cap Classique insluit.

Versterk weer jou bande met die natuur, én ontdek die geheime wat in ons grond versteek is by Hartenberg se “Regeneratiewe wingerdtoer en proe”, wat deur Wilhelm Joubert, die wynplaas se wingerdboukundige en Suid-Afrika se pa van Regeneratiewe wingerdbou, aangebied word.

Boonop is daar ‘n eksklusiewe geleentheid om die manjifieke beeste by beide Hartenberg en Yonder Hill te ontmoet, met laasgenoemde wat die Ankolestap en -wynproe aanbied.

As daar een geleentheid is om by Wine Town Stellenbosch by te woon, is dit die Stellenbosch Wynfees. Die deelnemende produsente verteenwoordig alle aspekte van die Stellenbosch-wynlandskap: van organiese kampioene tot antieke produsente; van wêreldkampioene tot geliefde gunstelinge.

Hieronder is onder meer name soos Villiera, Warwick, Stellenzicht, Spier, Thelema, Neethlingshof, Morgenster, Meerlust, Quoin Rock, Kleine Zalze, Kanonkop, Kaapzicht, Muratie en Ernie Els. Van die meer boetiek-handelsmerke is Visio Vintners, Winshaw, Le Chant, Amperbo, Alluvia, Skilpadvlei, Remhoogte, Joubert, Dorp St, Aslina en Compagniesdrift.

Benewens eenmalige spyskaarte en aanbiedinge by wynplase, bied verskeie akkommodasieverskaffers en top-restaurante talle spesiale winter-aanbiedinge. Besoek www.winetown.wineroute.co.za vir die amptelike Wine Town 2024 program, of  www.StayAndPlay.visitstellenbosch.org. Vir diegene wat verder woon, bied www.travelstart.co.za vlieg-en-bly pakkette en tot R1000 afslag op akkommodasie (T&V geldig).

Lees ook: Kollig op ‘n klein dorp: Napier

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Tieners en stilstuipe

Die skim in die huis   Gustav* (16) ly nou al 13 maande lank aan…

2 hours Gelede

10 redes waarom jy die Augustus-uitgawe van rooi rose móét lees!

    Net haarself Mandi du Plooy-Baard het dalk haar veertigerjare geslaan, maar die aktrise…

3 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die legendariese Laurika Rauch – oor haar nuwe musiek

“Ek het die voorreg van ’n baie lang loopbaan van meer as 40 jaar gehad,…

6 hours Gelede

Tydsbestuur: Kry meer uit jou dag

Neem jy jou gereeld voor om meer uit elke dag te kry, maar hol jy…

1 day Gelede

5 lekker laekoolhidraat-aandetes

Jy kan ’n laekoolhidraatdieet baasraak. Met ’n paar veranderinge aan jou daaglikse eetplan, die items…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.