Dis weer tyd vir die Cresta Lifestyle Fair!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Van 29 September tot 14 Oktober 2018 gaan Cresta-winkelsentrum weer omgetower word om winkelbesoekers te vermaak by die Cresta Lifestyle Fair. Geniet die mode, kuns, musiek, dans, kos, inkopies en die lekker saamkuier. Word geïnspireer vir die lente en die somer met asemrowende optredes, nuwe modeneigings en pret-aktiwiteite vir mense van alle ouderdomme en belangstellings.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Geniet ’n heerlike ete vir twee (met ’n bottel vonkelwyn as geskenk van Cresta) en een van verskeie opsies. Bespreek nou jou Cresta Date Night-tafel by een van die deelnemende restaurante: Mugg & Bean, Ocean Basket, Burger Rack, Nandos, Mike’s Kitchen of Calisto’s.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Word geïnspireer deur Cresta-winkels se beste someritems en vind uit hoe om jou eie wonderlike buitelug-geleentheid aan te bied. Jy kan ook ’n R5 000 Cresta-geskenkbewys WEN as jy deelneem aan ons kompetisie.
Kry jou lente- en somervoorkoms pasreg met die nuutste modetendense en jy kan ’n R5 000 Cresta-geskenkbewys WEN.
Ruk jou klerekas reg vir die lente en deel die liefde: Skenk die klere wat jy nie meer dra nie by die Cresta Spring Wardrobe en Cresta sal verseker dat dit nuwe huise vind.
Die eerste 100 winkelbesoekers met ’n Cresta-betaalstrokie van R200 of meer sal ’n gratis roomys kry, en die volgende 400 sal 50% afslag kry.
Kry jou hakskoene en danspassies in gereedheid! Bespreek jou gratis dansklas nou Klik hier
Klasse begin 29 September en vind elke dag gedurende die skoolvakansie en tydens al die naweke van die Lifestyle Fair plaas.
Om ’n gratis klas te bespreek, besoek Klik hier en jy kan dalk ’n gratis kwartaal by JATA te wen.
Pragtige fotogeleenthede met gratis afdrukke: Neem ’n foto en deel jou foto’s op sosiale media met die hutsmerk #CrestaLifestyleFair. As jy deelgeneem het kan jy ’n somer strand- geskenkstel WEN.
Kinders kan ’n verskeidenheid pret-aktiwiteite geniet, insluitend trampolienspring, “shoot the hoop”-kompetisies, ’n mini parkour-roete, doelskop- en doelgooi-uitdagings.
Vir selfs nog meer lente-opwinding sal daar optredes, glam-fotohokkies, uitverkopings en baie pryse op Cresta se sosiale-mediablaaie wees. Besoek dus Cresta-winkelsentrum se Lifestyle Fair van 29 September tot 14 Oktober 2018. Word geïnspireer vir die lente – en bring sommer die hele familie saam!
Imagine More by die Cresta Lifestyle Fair.
Wat: The Cresta Lifestyle Fair
Waar: Cresta Shopping Centre op Beyers Naudérylaan
Wanneer: 29 September – 14 Oktober 2018
Volg ons en deel die pret met die hutsmerk #CrestaLifestyleFair
webwerf: www.crestashoppingcentre.co.za
Facebook: @Crestashoppingcentre
Twitter: @CrestaCentre
Instagram: @CrestaCentre
Suzette en Skye: Sielsmaats met die liefde saamgesnoer Suzette van der Merwe…
Vanjaar se kortlys, wat van dié jaar se gemoedstoestande en gesprekke opsom, is deur OUP…
Goeie kommunikasie in ’n verhouding laat die liefde blom. Maar soms eindig verskille in ’n…
Deur Rediscover Dairy Voorbereidingstyd: 5 minute Gaarmaaktyd: 20 minute Bedien: 4 porsies Porsiegrootte: 300…
Riaan Grobler, ’n geliefde radio-omroeper by Pretoria FM asook bekende skrywer en sanger, bewys weer…
Bestanddele 45 ml (3 e) olie 4 klein lamskenkels, die sening afgesny 2 wortels,…
Hierdie webwerf gebruik koekies.