kategorieë: FiksheidGesondheid

Waarvoor wag jy? Dis weer tyd om fiks te word

Waarvoor wag jy? Dis weer tyd om fiks te word deur Anet Schoeman. Hooffoto: Jonathan Borba vir Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Waarvoor wag jy? Dis weer tyd om fiks te word

Dieselfde toppies en broeke wat jou verlede jaar gepas het, is nou ongemaklik styf. Jou buuste het soos brooddeeg uitgerys en jou broeke steek halsstarrig by jou knieë vas. Klink dit bekend? Jy weet jy moet begin oefen, maar jy het tonne verskonings hoekom jy uitstel en uitstel …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Begin dadelik

Nie Maandag nie, nie ná die sperdatum nie, nie volgende maand nie … begin sommer vandag oefen. Trek jou skoene aan en gaan stap ’n ent en dink oor hoe jy oefening by jou roetine kan inpas.

Waarvoor wag jy? Dis weer tyd om fiks te word

2. Maak tyd

Min van ons het volop tyd tot ons beskikking, maar tog maak ons altyd tyd vir belangrike goed. Skryf oefening in jou dagboek soos jy enige afspraak sou neerskryf. En hou daarby.

3. Wat werk vir jou?

Al wat sal verseker dat jy volgehoue oefen, is om te weet hoekom jy dit doen en ’n oefensoort te kry wat by jou pas.

Verskuif jou fokus na gesondheid eerder as gewigsverlies. Dit sal jou motiveer om aan te hou oefen as jy nie dadelik gewig verloor nie.

Onthou, oefening verhoog jou metabolisme wat jou uiteindelik gewig sal laat verloor.

Wees aanpasbaar – oefen is lankal nie meer beperk tot hardloop en vervelige sessies in die gim nie. Maak ’n draai by jou naaste gim en kyk na al die toerusting en die klasse wat hulle aanbied. Jy kry van korter sessies wat ’n reeks verskillende oefeninge insluit tot roeiklasse of oefeninge wat op boks of dans gegrond is.

Dis makliker as jy en jou metgesel saam kan gaan en verskillende oefensoorte doen. So motiveer julle mekaar.

4. Enigiets is beter as niks

Dis frustrerend as jy beplan om te oefen maar verpligtinge weerhou jou daarvan. Onthou, jy kan selfs net 15 minute goed gebruik. Werk ’n kort oefenprogram uit wat jy by die huis kan doen. Koop handgewigte van 2 kg elk en google “armoefeninge”. Jy kan heelwat in 15 minute doen. Of oefen saans voor die televisie. Jy sal binne twee weke ’n verskil aan vormlose arms sien, of verlore maagspiere ná twee weke se “plank”-oefeninge opspoor.

Waarvoor wag jy? Dis weer tyd om fiks te word

5. Verdeel jou oefensessie

Nie almal kan ’n ononderbroke uur per dag vir oefening opsy sit nie. Soms is dit makliker om korter sessies in te werk wat saam ’n uur opmaak. Navorsing toon dat dit net so doeltreffend kan wees.

Wat wel belangrik is, is dat jy 150 tot 300 minute van gemiddelde intensiteit oefening per week moet doen voor jy belangrike gesondheidsvoordele daaruit put. Kort sessies moenie minder as 10 minute duur nie, en jy kan intervalsessies (sessies waar jy harde oefening met gewone oefening afwissel) gebruik om jou hartklop te versnel, wat vir kardiovaskulêre gesondheid nodig is.

6. Musiek maak dit makliker

As jy alleen oefen, is dit soveel makliker as jy dit saam met musiek doen. Gebruik oorfone en jou slimfoon en koop ’n sakkie by ’n sportwinkel waarmee jy jou slimfoon op jou arm kan dra as jy nie die res van jou huismense wil steur nie. Laai musiek af. Daar is heelwat musieklyste wat spesiaal vir hardlopers of ander oefensoorte gekies is, beskikbaar op Spotify of Apple music.

Waarvoor wag jy? Dis weer tyd om fiks te word

7. Kry die regte klere

As jy hardloop of enige impaksport wil doen, is die regte skoene die een ding wat beserings gaan voorkom – verkeerde skoene kan beserings veroorsaak. Dit gaan van jou hardloopstyl en voetbewegings afhang watter skoene vir jou reg is. As jou beursie plat is, probeer Mr. Price se Maxed-reeks. Die skoene is bekostigbaar en heelwat van die topatlete in die Twee Oseane- en Comrades-marathon oefen en hardloop daarin. Dit maak net voorsiening vir mense wat ’n neutrale skoen soek, nie vir atlete wat proneer en ’n skoen met stabiliteit soek nie.

Ander items in jou mondering hoef nie duur te wees nie. Bly weg van katoen-T-hemde wat sweet absorbeer en jou nat en ongemaklik laat voel. Heelwat winkels soos Mr Price Sport en Pick n Pay het baie goeie tegniese oefenklere teen ’n fraksie van die koste van bekende handelsmerke.

Waarvoor wag jy? Dis weer tyd om fiks te word

Hoeveel oefening is nodig?

150 tot 300 minute se oefening van gemiddelde intensiteit per week. Wat doen oefening vir jou? Bou ’n sterker skelet en spiere, gewigsverlies, verlaagde bloeddruk en cholesterol, laer risiko op hartvatsiektes, diabetes, metaboliese stoor-nisse en sekere kankers, en jou energievlakke en bui verbeter.

Vir nog motivering, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

16 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

17 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

20 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

21 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.