kategorieë: Ontspanning

Dis weer fliektyd met kykNET Silwerskermfees

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Gys Loubser/kykNET

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die program is gister in Kaapstad by Nasdak, op die 26ste vloer van een van die stad se kusgeboue bekendgestel en is nog meer opwindend as vorige jare.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die funksie is hoog bo die stad by Nasdak gehou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ons glo in die toekoms van Afrikaanse film en televisie, in die belangrikheid van ’n wye verskeidenheid stemme, en in die krag van stories om lewens te verander,” het Waldimar Pelser, direkteur van M-Net se Premium-kanale, oor die 12de fees, wat vanjaar vanaf 28 tot 31 Augustus gehou word, gesê.

“Die kykNET Silwerskermfees wil alles moontlik doen om nuwe storievertellers te vind, talent kans te gee om te skitter, en die bedryf ’n praat-, wys- en bymekaarkomplek te gee waar Afrikaans die gom is wat ons bind,” sê hy.

Die gesogte kristal rolprentkamera-trofee wat die lig en beelde op verskillende maniere reflekteer, is ‘n goeie metafoor vir hoe goeie film en televisie mens anders laat kyk na die lewe, het hy aan gaste vertel. Die trofee word vanjaar in 50 afdelings uitgedeel.

Die beeldjie word ook vanjaar in ‘n bemarkingsveldtog gebruik en word op verskeie ikoniese plekke gesien, om mense te laat ervaar hoe die gefragmenteerde beelde en lig verskillende perspektiewe op die bekende kan gee.

Die gesogte kristal rolprentkamera-trofee deur Lothar Böttcher wag op filmmakers, maar word ook vanjaar in die bemarkingsveldtog gebruik.

Agter die paneel, wat uit Waldimar, Nicola van Niekerk, M-NET hoof: Premium-inhoud en ko-produksies en Tina Kruger, program-direkteur: Silwerskermfees, met Rozanne McKenzie as seremoniemeester bestaan het, het Tafelberg op ‘n prag-wintersdag waggehou; reg om besoekers aan die Moederstad ekstra welkom te laat voel.

Die bekendstelling is met gaste van die media gevier, terwyl Tafelberg in die agtergrond waghou.

Vir meer as ’n dekade al is die Silwerskermfees een van die mees gerespekteerde ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf en kykNET bou vanjaar daarop voort.

Een van die fees se sleutelbestanddele is die suksesvolle kortfilm-mentorskapprojek waardeur kykNET ’n nuwe generasie rolprentmakers se loopbane ’n wegspringplek gee. Nicola het bygevoeg dat een van vanjaar se speelfilms juis deur ‘n wenner van ‘n vorige jaar se kortfilms was en dit wys dat hul fokus op volhoubaarheid vrugte afwerp. Tina het bygevoeg dat die kortfilms van die staanspoor af die broeikas was vir die goeie films en selfs televisie van die toekoms.

In 2023 het dit na dokumentêre projekte uitgekring en vanjaar is die opwindende shotgun-kortfilms prominent in die kollig. Die fees het verlede jaar die shotgun shorts-idee geloods, waar gevestigde filmmakers gevra is om voorstelle vir professionele kortfilms voor te lê en in Augustus word dié films by die fees bekend gestel. Die voorwaarde was dat hulle minder bekende en -ervare akteurs, kinematograwe en musikante moes gebruik, as deel van ‘n mentorskap-aanslag. Die regisseurs wat suksesvolle film-voorstelle hier voorgelê het was onder meer Adri Britz, Bennie Fourie, Brett Michael Innes, Hanneke Schutte, Jozua Malherbe, Paul Crafford en Philip Rademeyer.

Hoe gepas is dit dus nie, dat terwyl hulle oor die shotgun-kortfilms praat, die noen-kanon, op Seinheuwel oor die stad beier nie.

Buiten die ses shotgun-kortfilms tel ses speelfilms, agt kortfilms (deur opkomende rolprentmakers) en vyf kort dokumentêre rolprente onder vanjaar se debuutwerke.

Soveel lekker kort-, dokumentêre- en speelfilms om na uit te sien.

’n Hoogtepunt op verlede jaar se program was die insluiting van loodsepisodes van splinternuwe televisie- en stroomdiensreekse en vanjaar gaan daar weer eksklusiewe voorskoue vir feesgangers wees.

KykNET bring soos tevore ook talle kenners na die fees om insiggewende werkswinkels, paneelbesprekings en meesterklasse aan te bied. Van die onderwerpe wat bespreek gaan word, handel oor die hantering van intimiteit op die stel, die proses waardeur boeke vir die skerm verwerk word en hoe ko-produksies werk.

Waldimar het gesê nou meer as ooit, kan kykers nie vervreem word nie en “hulle mag ooit nooit voel asof ons nie weet wie hulle is of wat hul behoeftes is nie”.

Waldimar Pelser, direkteur van M-Net se Premium-kanale, Nicola van Niekerk, M-NET hoof: Premium-inhoud en ko-produksies en Tina Kruger, program-direkteur: Silwerskermfees, saam met Rozanne McKenzie, die oggend se seremoniemeester.

Wat ook opwindend is vanjaar, is dat kykNET en Showmax hande neem. Die films van die fees sal eers op kykNET uitgesaai word en dan op Showmax beskikbaar wees om meer kykers die geleentheid te gun om die films te sien. Waldimar het gesê hierdie samewerking is vir hom verblydend, want Showmax word as’t ware ‘n ryk biblioteek vir goeie Afrikaanse en Suid-Afrikaanse inhoud.

Kevin Kriedemann, Showmax publisiteitspesialis, Amanda Tremeer-Young, Showmax senior PR spesialis en Edmund Beukus, Silwerskermfees bedryfshoof.

Oudergewoonte sluit kykNET die fees af met die swierige Silwerskermtoekennings vir Film en TV waar die beste films van die fees saam met top-televisie vereer word.

Dié glansryke geleentheid word op Saterdag 31 Augustus by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) aangebied, waar die gesogte Silwerskermbeeldjies aan filmfees-presteerders en televisie-uitblinkers van die afgelope jaar uitgedeel sal word.

By die toekennings word die ikoniese kykNET-bloutapyt vir die grootste sterre uitgerol en top-musikante gaan vir vermaak op die verhoog sorg. Boonop sal dit die volgende aand, Sondag 1 September, op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word.

kykNET maak ook groter voorsiening vir die publiek om vanjaar se fees by te woon en kaartjies sal van 26 Junie op Quicket te koop wees. Die 12de kykNET Silwerskermfees word vanjaar geborg deur Stad Kaapstad en OpenServe.

Vir die volledige Silwerskermfeesprogram, besoek die fees se webwerf: www.silwerskermfees.co.za

Lees ook: Nadia Beukes waarsku,”My ‘Diepe Waters’-karakter is nie wat sy voorgee om te wees nie.”

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

3 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

5 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

6 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

1 day Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

1 day Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.