kategorieë: Ons menseBekendes

Dís wat Jawaahier Petersen se swangerskapnuus vir ‘Suidooster’ beteken

Die Suidooster-aktrise Jawaahier Petersen het onlangs onthul dat sy swanger met haar derde kind is. Sepie-kykers is reeds aan die gons oor wat dit vir haar karakter, Kaashifa, se storielyn beteken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jawaahier onthul wat Suidooster-aanhangers te wagte kan wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy as Jawaahier verwag nou jou derde kind, en na ’n uitdagende jaar vir die Samsodiens, gaan Kaashifa ook nou swanger raak. Verklap bietjie hoe die storielyn ontvou en is jou as Jawaahier en Kaashifa se swangerskap-tydlyn belyn?

Dis eintlik ’n funny storie oor Kaashifa se swangerskap. Colin Howard, ons kreatiewe vervaardiger, het verlede jaar al gesê dis op die kaarte vir 2024. Kaashifa se swangerskap-storielyn is lank voor my eie geskryf.

Die dag toe ek hoor ons gaan oor ’n paar weke Kaashifa se swangerskap begin skiet, was ek geheel en al onbewus daarvan dat ek sélf swanger is. Kaashifa is nou ’n bietjie verder gevorderd in haar swangerskap as Jawaahier, maar nou hoef ek nie voor te gee as Kaashifa met oggendnaarheid sukkel of moeg is nie . . . In die episode wat op Maandag 14 Oktober uitsaai kry sy en Rhafiek bevestiging dat hulle ouers gaan word.

Met Kaashifa en Jawaahier se swangerskap is ons twee dieselfde. Ons doen nog steeds goed, ons werk, ons is nog steeds aan die gang. Jawaahier het dieselfde dryfkrag in haar as Kaashiefa. Al is ons swanger, doen ons net ons ding!

Rhafiek (Irshaad Ally) is natuurlik opgewonde oor om pa te word. Maar dink jy hy het vrese oor Kaashifa se swangerskap veral na sy en Carmen (Desiré Gardner) se seuntjie Mikhal kort na geboorte dood is?

Ek dink vir enigiemand wat deur so ’n verlies en trauma gegaan het – een van die ergste dinge wat met ’n ouer kan gebeur – selfs al besef jy dit nie, daai vrees leef voort in jou agterkop.

Dis nie iets wat Kaashifa en Rhafiek saam ervaar het nie want hy was natuurlik nog getroud met Carmen. So, dis iets wat Kaashifa moet verstaan en deernis en simpatie vir Rhafiek moet hê terwyl hy hierdie proses navigeer. Dit moet baie moeilik vir hom wees.

Mymoena (Jill Levenberg) kan seker nie wag om vir die tweede keer ouma te word nie. Gaan sy haar plek ken of probeer om te veel van ’n oorbeskermende skoonma wees?

Sy is skoonma, maar sy was eers ma vir Kaashifa gewees. Daardie lyne kan soms ’n bietjie kruis tussen ma en dogter. En om sake verder te kompliseer, is daar die bykomende lagie van ma en skoondogter.

Mymoena en Kaashifa deel gereeld goed met mekaar soos tussen ’n ma en dogter die geval sou wees. Maar nou kom die element by dat sy met Mymoena se seun getroud is. Gaan Mymoena van nature haar kind se kant kies of gaan sy Kaashiefa se kant kies, iemand wat sy ook as haar dogter beskou?

Maar aan die einde van die dag is Mymoena so ’n liefdevolle omgee-mens en haar intensies is altyd goed. Ons weet wel Kaashifa kan gou warm onder die boordjie raak en situasies kan verkeerd opgesom word. Sy is baie gou op die agtervoet. Dit sorg vir interessante storielyne . . .

Gaan Kaashifa as swanger vrou die fort kan volhou by Oos Wes as eienaar en sjef?

Kaashifa dink sy kan alles doen. Kaashifa dink sy’s ’n seekat met al die arms wat by alles kan uitkom, maar sy gaan baie vinnig besef dat dit nie so gaan werk nie.

Sy sal maar ’n ander plan moet maak met Oos Wes want sy gaan haar hande vol hê met ’n ander groot projek, ’n groot droom wat sy gehad het – ’n nuwe fynproewer-restaurant wat eindelik op die horison verskyn. Dit, nes die baba wat sy verwag, word ook ’n nuwe baba vir haar.

Gaan sy daartoe in staat wees om al die balle in die lug te hou? Dis die groot vraag.

Wat is vir jou die lekkerste van ma-wees?

Ek gaan nie jok nie. Om ’n ma te wees, om ’n ouer te wees, kom met baie, baie uitdagings. Ek meen, ek het ’n meestersgraad in psigologie, ek het vir baie jare met jong mense gewerk, maar niks kan jou voorberei vir wanneer jy jou eie kinders het nie. You’re just winging it en hoop vir die beste en jy doen dit met die beste intensies.

Maar jy twyfel deurgaans aan jouself en jy voel gereeld skuldig dat jy dalk nie genoeg vir jou kinders doen nie. Of nie genoeg dáár is vir hulle nie.

Dan duik daardie oomblikke op wanneer jou kinders uit die bloute vir jou sê: “Hey, Mom, I love you”. Of “Mom, kan jy vir my hierdie kos maak want jy maak dit die beste”. Of jou kinders doen iets wat jou net so ongelooflik trots op hulle maak.

Dit maak al die uitdagings en opofferings die moeite werd.

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai.

Lees ook:Daniel Coetzee gesels oor sy ‘Suidooster’-reis: “Dit voel asof ek huis toe gekom het”

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Margaret Gardiner oor Netflix se ‘Nobody wants this’: Vier waarskuwings vir ‘n gelukkige huwelik

Deur Margaret Gardiner   In die Netflix-treffer, Nobody Wants This, raak twee mense van verskillende…

9 mins Gelede

Liam Bosman loer weer in by ‘Diepe Waters’

Liam Bosman maak 'n kort maar opwindende terugkeer na kykNET (DStv-kanaal 144) se telenovela, Diepe…

2 hours Gelede

Theresa se angswekkende oomblik in ‘Diepe Waters’ hou kykers op die punt van hul stoele

Dinsdag se episode van die kykNET-telenovela Diepe Waters het kykers se senuwees aan flarde gehad…

16 hours Gelede

Daneel van der Walt gesels oor vasbyt en ‘Nêrens, Noord-Kaap’ se sterk Suzette

Toe Nêrens, Noord-Kaap in 2021 sy debuut as dramareeks op kykNET gemaak het, was daar…

21 hours Gelede

Suurlemoenbrood

Maak 1 middelslagbrood   Bestanddele   375 ml (1½ k) koekmeel 10 ml (2 t)…

1 day Gelede

Wenke om jou troeteldier met Bob Martin te ontvlooi

Lente en somer is sulke heerlike tye van die jaar in Suid-Afrika, veral as jy…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.