kategorieë: Leef gesond

Dis toe nooit asma nie

Wie kry asma?

Waarskynlik nie jy nie, want byna almal van ons kan dié alomteenwoordige swam met gemak vernietig. Net die volgende mense loop ’n groot risiko:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• Mense met ’n hipersensitiwiteit vir die Aspergillus-swam, by wie dit inflammasie en “asma” wek. (Tot 10% wat nie sonder kortisoon kan klaarkom nie, het aspergillose)
• MIV-positiewes
• Mense op chemo vir kanker
• Mense ná orgaanoorplanting

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe aspergillose van asma verskil

Die simptome is baie eenders. Hou jouself fyn dop vir hierdie verklikkers:

Mense met asma
• Se bors fluit.
• Voel benoud en sukkel om asem te haal.
• Reageer goed op kortisoon, kan kortisoon verminder en staak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Mense met aspergillose
• Se bors fluit.
• Voel benoud en sukkel om asem te haal.
• Reageer goed op kortisoon. maar sodra hulle dit los, kry hulle gou weer “asma”. Kortisoon genees hulle dus nie.
• Hoes dikwels ’n dik slym met dik, bruin klonte uit.
• Is dikwels ligweg koorsig – spesifiek tydens episodes van erge, chroniese asma.
• Kla dat dit seer is om asem te haal.

Die soorte

Allergiese aspergillose
Dié vorm gaan meestal met asma gepaard.

Aspergilloom
Party mense is nie allergies nie maar die swam kry vatplek in hul longe en vorm kolonies – letterlik bollings swamme wat in jou longe groei en so groot soos ’n tennisbal kan word.

Indringende aspergillose
Die swam groei op jou longe en sinusse se slymvliese met hul baie fyn netwerk van bloedvaatjies. Daar is ’n kans dat die swam in jou bloedstroom kan beland, van waar dit na veral die niere, lewer, hart en/of brein kan versprei … met fatale gevolge.

Help jouself só

1 Waar werk jy?
Janie is waarskynlik by haar werkplek gesensitiseer, aangesien sy voortdurend met ou boeke, ou dokumente en klerasie wat vir liefdadigheid geskenk is, gewerk het. Daarby was haar kantoormure klam. Sy het nou oorgeskuif na ’n ander werklokaal met goeie ventilasie en werk glad nie meer met die ou klerasie nie.

2 Is jou lugreëlaar skoon?
Dit raak stowwerig en is klam – ideale broeiplek vir Aspergillus. Maak joune jaarliks professioneel skoon.

3 Waar bly jy?
Ouer huise, kantore, stoorkamers, kluiskamers, kelders en historiese geboue is dikwels ’n probleem, veral as klammigheid teen die mure, plafonne en kaste uitslaan. Kry ’n bouer of loodgieter om dit reg te stel. Laat die vensters oopstaan sodat vog kan verdamp.

4 Hoe lyk jou kaste?
Moenie klere dra en in die kas terughang nie. Was alles ná elke dra. Droogskoonmaak jasse en baadjies voor en ná die winter. Los jou kasdeure oop om ventilasie aan te help.

5 Waaronder slaap jy?
Duvets en kussings van dons en sy bied kos en blyplek vir Aspergillus. Vir jou is sintetiese vulsels gesonder. Was al jou beddegoed gereeld – en nie net die lakens en oortreksels nie maar ook die duvets, kussings, komberse en dekens.

6 Is jou stofsuier skoon?
Gebruik ’n stofsuier met ’n spesiale filter. Was jou stofsuier ná elke gebruik sodat die swamme nie daarin kan opbou nie. Eintlik is teëls, hout en gelamineerde vloere beter as matte.

7 Janie se wenk
Doen spesifieke oefeninge wat jou longe versterk en jou longkapasiteit verbeter. Vra ’n fisio of Pilates-instrukteur om jou te leer.

Lees ook: Jy vra: Hoekom kry mens net in die winter griep?

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

29 mins Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

42 mins Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

3 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

3 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

21 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.