Boekwurms en storieliefhebbers – hier is goeie nuus!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Vandag, 13 September 2017, is die outeur Roald Dahl se verjaarsdag en regoor die wêreld word dit gevier. Of jy nou sy donker komedies vir volwassenes verkies, of sy verbeeldingryke kinderverhale, is hierdie die ideale geleentheid om vanaand weer een van sy boeke op te tel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Regoor die Verenigde Koninkryk is kinders (en groot kinders) aangemoedig om as hul gunsteling- Dahl-karakters aan te trek. Daar is lego-standbeelde wat onthul is, en as jy #RoaldDahlDay as hutsmerk op twitter gebruik, sal jy ’n spesiale Charlie and the Cholocate Factory-emoji ontvang.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Tussen 14h00 en 14h30 vandag sal Puffin books ’n livestream video vrystel wat handel oor Dahl se laaste kinderboek, sy storieboekkarakters, en ’n onderhoud met illustreerder Quentin Blake insluit.
As jy boekwurmkinders het kan jy selfs ’n gratis aktiwiteitsboekie aflaai wat hulle besig sal hou.
Verlede jaar, tydens Dahl se 100ste verjaarsdagherdenking, het die Britse mode-handelsmerk ’n klerereeks vir kinders uitgereik wat geïnspireer is deur Dahl se kinderboeke.
Roald Dahl is gebore op 13 September 1916 in Wallis. Hy is daar grootgemaak en het na skool by Shell in Oos-Afrika begin werk. Hy was tydens WOII ’n vegvlieënier in Noord-Afrika totdat hy verongeluk het. Hy het daarna as intelligensie-offisier gewerk en in hierdie tydperk begin skryf aan boeke vir kinders en volwassenes, asook kortverhale. Hy is op 23 November 1990 oorlede aan ’n skaarse vorm van bloedkanker. Daar is reeds meer as 250 miljoen kopiëe van sy boeke wêreldwyd verkoop. Hy is in 2008 16de geplaas op The Times se lys van 50 beste Britse skrywers sedert 1945.
Die vraag bly staan – as watter karakter sou jy vandag aangetrek het?
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.