Dis ’n seuntjie! Alles wat ons nou weet van Harry en Meghan se baba deur Catherine Schenck. Hooffoto: Rex / Shutterstock / Greatstock
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die Britse koninklike huis het gister die nuus gedeel van die geboorte van Harry en Meghan se babaseuntjie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Volgens die persverklaring wat uitgereik is, is die babaseuntjie om 05h26 gebore. Hy weeg 3.3kg (7lb 3oz.) en baba en ma is glo albei gesond en gelukkig.
’n Naam vir die babaseuntjie is nog nie bekendgemaak nie en die koninklikes het genoem dat hulle binne die volgende paar dae die naam en foto’s met die publiek sal deel. (En ons kan nie daarvoor wag nie!) Dit breek met koninklike protokol, waar die ouerpaar gewoonlik met hul babatjie vlugtig verskyn vir die eerste foto’s.
Lees ook: Te dierbaar! Trek jou kind soos ’n koninklike aan
Gistermiddag het die Britse koningshuis ook ’n verklaring buite die Buckinghampaleis geplaas. Hierdie is ’n tradisie vir die koninklikes; wanneer ’n babatjie gebore word, word ’n kennisgewing voor die paleis vir ongeveer 24 uur geplaas, sodat besoekers dit kan besigtig.
Die opgewonde pa, Prins Harry, het gister tydens ’n persverskyning gesê dat die geboorte van sy seuntjie die “mees ongelooflike ervaring” was, en dat hy baie trots op Meghan is. Kyk net hier!
Lees ook: Prinses Charlotte word 4 jaar oud en haar ma het die mooiste foto’s gedeel!
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Genoeg vir 4-6. Bestanddele 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…
Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.