Dis ’n seuntjie! Alles wat ons nou weet van Harry en Meghan se baba deur Catherine Schenck. Hooffoto: Rex / Shutterstock / Greatstock
Die Britse koninklike huis het gister die nuus gedeel van die geboorte van Harry en Meghan se babaseuntjie.
Volgens die persverklaring wat uitgereik is, is die babaseuntjie om 05h26 gebore. Hy weeg 3.3kg (7lb 3oz.) en baba en ma is glo albei gesond en gelukkig.
’n Naam vir die babaseuntjie is nog nie bekendgemaak nie en die koninklikes het genoem dat hulle binne die volgende paar dae die naam en foto’s met die publiek sal deel. (En ons kan nie daarvoor wag nie!) Dit breek met koninklike protokol, waar die ouerpaar gewoonlik met hul babatjie vlugtig verskyn vir die eerste foto’s.
Lees ook: Te dierbaar! Trek jou kind soos ’n koninklike aan
Gistermiddag het die Britse koningshuis ook ’n verklaring buite die Buckinghampaleis geplaas. Hierdie is ’n tradisie vir die koninklikes; wanneer ’n babatjie gebore word, word ’n kennisgewing voor die paleis vir ongeveer 24 uur geplaas, sodat besoekers dit kan besigtig.
A notice of birth has gone on display on the forecourt of Buckingham Palace following the birth of The Duke and Duchess of Sussexes’ son. pic.twitter.com/bKMZCtXHOq
— The Royal Family (@RoyalFamily) May 6, 2019
Die opgewonde pa, Prins Harry, het gister tydens ’n persverskyning gesê dat die geboorte van sy seuntjie die “mees ongelooflike ervaring” was, en dat hy baie trots op Meghan is. Kyk net hier!
Lees ook: Prinses Charlotte word 4 jaar oud en haar ma het die mooiste foto’s gedeel!