kategorieë: KalenderOntspanning

Dis Internasionale Joga-dag!

Dis Internasionale Joga-dag! Foto’s en inligting verskaf deur Planet Fitness

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dis Internasionale Joga-dag!

Vier op 21 Junie die oefeninge wat jou gees en lyf verryk. Die vierde Internasionale Joga-dag word in 150 lande gevier en word gewy aan die innerlike en uiterlike welstand van die menslike liggaam, en ook om bewustheid te skep vir die helende oefeninge wat joga bied.

Planet Fitness het onlangs in ’n reeks verhitte joga/bikram-ateljees belê. Die warm joga-tegniek bied geestelike voordele en laat die vel gloeiend van gesondheid.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hierdie joga-sessies word aangebied in ateljees wat met infrarooiverwarmers tot 36 – 40 °C verhit word. Die hitte help onder meer met die afbreek van hardnekkige selluliet en laat die liggaam energiek voel.

Bikram-joga help met ‘n ferm postuur, en die 26 joga-posisies verseker optimale energievloei. Die hitte in die ateljee help om die spiere soepel te hou wanneer gestrek word.

Infrarooiverhitting laat nie UV-strale vry nie. Dit word gebruik om die liggaamstemperatuur te verhoog, en die verhitte ateljees is gemaklik, terapeuties en veilig. Drie infrarooi-klasse per week word aanbeveel vir die beste resultate.

Lees ook: Joga of pilates?

Foto: Verskaf deur Planet fitness

Hier is van die voordele wat so ’n sessie kan bied.

  1. Spiere word meer soepel. Infrarooi verhit die spiere en help jou om sekere joga-posisies gemakliker in te neem.
  2. Ontgifting. Verhitte joga laat jou sweet en laat die liggaam op ‘n natuurlike manier van gifstowwe ontslae raak.
  3. Gewigsverlies. Die menslike liggaam het ‘n indrukwekkende manier om temperatuur te reguleer. Dit is bereid om hard te werk om ‘n bestendige temperatuur te handhaaf. As die liggaam warm word, skop die natuurlike afkoelstelsel in en dit gebruik energie wat kalorieë verbrand. Jy verloor ook gewig danksy die oefeninge en gevolglike verhoogde metabolisme.
  4. Pynverligting. Infrarooi dring deur na die spierweefsel en gewrigte en help dit heel en vernuwe. Die primêre doel van die joga is terapeuties. Deur gereeld joga te doen, kan jy ou beserings heel en beserings in die toekoms voorkom.
  5. Toenemende krag. Joga is lae-impakoefeninge en gebruik baie spiere waarvan jy nie eens bewus was nie. Dit versterk die rugstring en spiere en laat die liggaam ontspan. Dit verminder stres, angstigheid en verbeter die asemhalingstelsel.

Lees ook: Wenke vir joga-nuwelinge

Vier joga-dag saam met Planet Fitness

Planet Fitness-gimnasiums landwyd sal aan die Internasionale Joga-dag deelneem. Jy kan ook op 21 en 22 Junie om 10:00 aansluit by ‘n sessie by Sandton City Mandela Square.

Vir meer inligting bel 0861 496 463 of besoek hulle ook by: Twitter, Facebook, en Instagram

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

12 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

12 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

13 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

13 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

15 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

16 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.