kategorieë: Bekendes

Dis hoe Jack Parow rol

“Ek wou nog my lewe lank ’n reisprogram maak,” sê die vervaardiger en mede-aanbieder Hardus van Deventer. “Ek dink dis die rede hoekom ek in televisie begin werk het.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die droom het waar geword tydens ’n kuier saam met sy ou vriend Zander Tyler (Jack Parow se geboortenaam).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook ons onderhoud met Jack Parow hier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek en Hardus het een dag ’n bier gaan drink in Claremont iewers by een of ander Engelse bar (naby Nuweland, so dis OK) en het toe begin praat oor die idee om dalk ’n show aanmekaar te sit,” sê Tyler. “Ná ons ’n paar idees rondgegooi het het en ’n bier of twee later, het ons besluit om in die middel te ontmoet en al die idees saam te gooi in een show, met reis, realiteit, onderhoude, kos, braai, bars, bikes, alles,” verduidelik Tyler oor hoe die projek begin het.

Hierdie is nie net ’n reisprogram of vir motorfiets-entoesiaste nie. Deel van die program is ook optredes deur Parow aangesien sy bestuurspan gesê het hy kan die program doen op een voorwaarde: Hy moet ’n konsert in elkeen van die nege provinsies doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

30 dae. 9 provinsies. 9 konserte. Hoekom dan nie?

“Ons het soveel plekke aangedoen,” sê Van Deventer. “Van Paarl tot Koffiebaai, Soweto tot Douglas. Hierdie is ’n program vir oud en jonk. Ons hoop dat dit vir mense by die huis lus sal maak vir reis deur Suid-Afrika. Dit gaan veral vir motorfietsaanhangers ’n moet wees om te kyk.”

Volgens Tyler was die lekkerste deel om “rondom Suid-Afrika te mission en om rêrig te sien hoe lyk al hierdie cool plekke en die vibe van die mense van ons land”.

“My gedagtes voor die tyd was regtig dat Suid-Afrika die coolste plek in die wêreld is,” sê hy. “Dit het net weer vir my gewys dat ons mense die coolste is en hoe baie cool stuff daar is om te doen waaraan ek nog nooit eens naastenby gedink het nie.”

Jack Parow-aanhangers, maar ook dié wat sy musiek nie goed ken nie, gaan elke oomblik geniet. Van die konserte wat op die program gewys word is groot, ander meer intiem.

“Hulle gaan ook vir Zander Tyler, die man agter Jack Parow, ontmoet. Waarvan hy hou, waarvoor hy bang is, wat hom gelukkig maak …” sê Van Deventer.

* Dis Hoe Ons Rol begin op Vrydag 1 Julie om 21:00. Besoek www.kyknet.co.za vir meer besonderhede.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.