kategorieë: OuerskapJou lewe

Dis-Chem Baby City – ’n Nuwe baba is gebore

“Daar is omvattende fokus op die versterking van die Baby City-handelsmerk, wat reeds goed gevestig was as die ongeëwenaarde leier in sy kategorie, terwyl die aanbod aan kopers versterk word om voortdurend die Baby City-kliënte-ervaring te verbeter,” sê Saul Saltzman, uitvoerende hoof van Dis-Chem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die onthulling van die nuwe Dis-Chem Baby City-logo by die MamaMagic Baby Expo in April, waarvan Baby City die hoofborg was, benadruk Baby City se posisie as die land se voorste babakleinhandelbestemming, terwyl sy plek stewig met die Dis-Chem Pharmacies Group gekommunikeer word. Met die toevoeging van Dis-Chem tot die Baby City-handelsmerk en die bekendstelling van die nuwe logo en korporatiewe identiteit, is nuwe winkels en winkelopknappings regoor die Baby City-netwerk uitgerol, wat ma’s en pa’s se inkopie-ervaring verder verbeter. Dit terwyl hulle steeds die klantekundigheid bied wat ouers verwag sowel as ’n omvattende reeks gehaltebabaprodukte teen goeie pryse.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die uitbreiding van Dis-Chem se fokus op die verskaffing van waardevolle primêre gesondheidsorgdienste aan ‘n breë sektor van Suid-Afrikaners, en die fokus op maksimum gerief vir ouers en babas, het tot ma-en-baba-klinieke in baie van die Dis-Chem Baby City-winkels gelei. Die klinieke bied voorkomende gesondheidsorg vir alle babas en kleuters met professionele verpleegsters byderhand om ‘n wye reeks dienste te bied en kundige advies te verskaf.

Dis-Chem se jare lange voordelekaart-lojaliteitsprogram is na Baby City-winkels uitgebrei, wat kliënte toegang gee tot die volle mandjie van belonings en voordele waaraan hulle gewoond is by Dis-Chem, binne die Baby City-ruimte. Kliënte kan onmiddellik kontant terug op hul kaarte verdien deur óf die Dis-Chem-, óf Baby City-kaart te gebruik, aangesien enige van die kaarte by albei afsetpunte gebruik kan word. Deur net hul kaart te gebruik, ondersteun hulle die Dis-Chem-stigting. Die stigting is 15 jaar gelede op grond van hul jare lange oortuiging dat hulle as ‘n korporatiewe entiteit ‘n rol speel om die Suid-Afrikaanse samelewing volhoubaar te maak deur die lewe van individue binne organisasies te verbeter, en die las op gemeenskappe wat swaarkry, te verlig.

“Dis-Chem Baby City se belyning met die Dis-Chem-stigting was ‘n logiese stap om die omvang en vermoë van die stigting uit te brei. Daarom het dit sin gemaak om uit te brei na ‘n saak wat verband hou met die stigting se etos en een wat in lyn met Baby City se fokus is,” sê Saltzman.

By die MamaMagic Expo was die Maletsatsi-stigting, ‘n baba-toevlugsoord in Gauteng, die eerste begunstigde ná die samesmelting van die twee maatskappye. Die Dis-Chem-stigting het broodnodige artikels geskenk, wat wissel van babamonitors tot bedlakens, matrasbeskermers, karstoeltjies en ‘n groot verskeidenheid speelgoed, looprame en aktiwiteitsentrums, alles van Dis-Chem Baby City. Verder, het Saltzman gesê, sal Dis-Chem Baby City Maletsatsi se bestaande winkelrekening van R3 000 tot R4 000 per maand verhoog aangesien dit noodsaaklik is dat die groep se betrokkenheid op die duur tasbare voordele inhou.

Die Dis-Chem Baby City-voetspoor strek nou oor 36 winkels nasionaal, en nog meer om te volg.

Hooffoto: Ivan Samkov vir Pexels

Lees ook: Met liefde & reëls: 18 wenke vir moderne ouers

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

2 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

3 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

4 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

4 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

6 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

7 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.