kategorieë: Ontspanning

Dis amptelik! Diepe Waters word verleng met nóg ’n seisoen

Diepe waters is ’n telenovela en anders as met ’n sepie, is daar altyd ’n einde aan die storie, maar Gys Swarts (Justin Strydom) en Zelda Joubert (Sandi Schultz) is nog lank nie klaar met hulle streke nie. En gaan Jacques ooit een van sy kinders sy eie kan noem?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die eerste episode van Diepe waters is in Oktober verlede jaar uitgesaai en sedertdien het die tonge nooit ophou klap nie. Niemand sal die gesigte van die Swarts-gesin vergeet toe Gys sy nuwe vrou, Meghan (Lea Vivier), aan die familie voorstel nie. Dit het lank gevat vir die gemeenskap om daaraan gewoond te raak en toe bars die bom – Meghan is kop in een mus met Gys se aartsvyand, Zelda.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Pam (Tracey-Lee Oliver), Zelda se dogter, soek ook al ’n hele ruk na haar biologiese pa. Zelda het allerhande speletjies met Pam gespeel om haar groot geheim te bewaar, maar die wiel het gedraai, en Gys het self agterkom dat Pam sy biologiese dogter is. Ouboet Rossouw (Altus Theart) kan nou nog nie daaraan gewoond raak dat hy ’n ouer suster het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maar dit was nie die enigste geraamtes in die Swarts-familie se kas nie. Johan (Liam Bosman) is nie Sanet (Nadia Valvekens) en Rossouw se biologiese kind nie maar wel Jacques (Werner Coetser) s’n. En nou is arme Meghan swanger met Jacques se kind, en hy moet weer soos kiepie in die hoek sit en kyk hoe ander mense sy eie bloed grootmaak.

Een ding kan jy egter seker weet: Die spanning, drama en trane gaan nie in seisoen twee einde kry nie. Sanet vind nuwe liefde. Die oorlog tussen Gys en Zelda eskaleer, en nóg familiegeheime kom op die lappe. Rossouw vat die pad, en ’n skielike dood ruk almal tot stilstand.

“Kykers se reaksie op Diepe Waters het ons stoutste verwagtinge oortref sedert die nuwe telenovela in Oktober 2022 bekendgestel is. Gys en sy gesin, sy meelopers en sy vyande het soos familie geword. Hierdie is ’n wêreld van sakevernuf maar ook oordeelsfoute, liefde én verraad, groei én terugslae. Ons is so bly dat kykers saam met ons vasgenael sit. Die storie word van hier af net warmer,” sê Waldimar Pelser, M-Net-direkteur van Premium-kanale.

En met ’n nuwe seisoen kom nuwe gesigte. Die legendariese Vinette Ebrahim sluit aan by die rolverdeling. Sy speel Valencia, Lettie (Stephanie Baartman) se ma. Ryno Hattingh het klaar sy verskyning gemaak, maar hy laat die poppe in seisoen twee behoorlik dans. Ryno speel Riaan Vermaak, Meghan se pa en Pam se nuwe kêrel.

Eric Bouwer, wat bekend is vir sy rolle in Egoli, Binnelanders en Getroud met rugby, betree die intrige as dominee Ben van Staden, Sanet se nuwe liefde.

“Ons is ongelooflik bly dat ons ’n tweede seisoen van Diepe Waters kan skep, en dit is te danke aan die kykers se oorweldigende positiewe reaksie. Ons is geseënd met ’n wonderlike span wat hulle alles gee om dié telenovela ’n sukses te maak. Ons sien uit daarna om kykers op die punte van hulle stoele te hou,” sê Roberta Durrant, kreatiewe vervaardiger van die reeks.

· Die tweede seisoen sal direk volg ná die laaste episode van seisoen een en begin op 2 Oktober 2023. Die 200ste episode het gisteraand uitgesaai, maar dit is nog nie te laat om in te haal met seisoen een nie. Al die episodes is beskikbaar op Catch Up asook DStv Stream.

Lees ook: André Schwartz stel nuwe enkelsnit bekend

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

2 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

2 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

3 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

4 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

6 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.