Dink pienk! 5 maniere hoe om nou pienk in jou huis te gebruik deur Cornel Dunn. Hooffoto: www.pixabay.com
Prettige, pragtige pienk! Ons het die 5 beste maniere gevind hoe om nou pienk in jou huis te gebruik.
Lees ook: Die 11 grootste dekorneigings vir 2019
1. Luuks: Die pienk bank
’n Malvapienk bank is die perfekte kopie vir ’n splinternuwe voorkoms. Kombineer dit met verskeie skakerings van wit en hou die res van die dekor so eenvoudig moontlik.
#rrWenk: Metaalkleure is die perfekte aksentstukke by hierdie voorkoms.
Lees ook: Hoe om die 5 belangrikste beleggings vir jou huis te maak
2. Subtiel: Aksent strooikussings
’n Donker bank is net reg vir strooikussings in verskeie pienk skakerings. Dit gee sagtheid aan die vertrek.
#rrWenk: Kies sagte pienk skakerings en moenie donker en lig kombineer nie.
Lees ook: Kleur in met strooikussings
3. Vrolik: ’n Pienk muur
Verf ’n fokusmuur pienk. Dit sal die vertrek ’n spatsel kleur gee terwyl die vertrek steeds monotoon en neutraal is.
#rrWenk: Gebruik donker kleure in die res van die vertrek sodat die muur die fokuspunt bly.
Lees ook: Ons wys jou stap vir stap hoe om ’n fokusmuur te skep
4. Eksoties: Dieremotiewe is pienk se perfekte pasmaat
Hierdie twee elemente werk goed saam. Kombineer ’n mat met dieremotiewe met pienk strooikussings, byvoorbeeld, vir die perfekte kombinasie.
Lees ook: Kies die regte kaggel vir jou huis
5. Minimalisties: Pienk toebehore
Retropienk kombuistoebehore is deesdae volop. Hou jou kombuis wit of grys en kry die pienk effek met die toebehore.
Lees ook: Agter die skerms van rooi rose se dekorartikels
Verskaffers
Mr Price Home | mrpricehome.com
@Home | home.co.za
Le Creuset |lecreuset.co.za
Zara Home | zarahome.com
Esque | esque.co.za
Eleven past. | elevenpast.co.za