kategorieë: Sukses en geldJou lewe

5 dinge wat almal moet weet voordat hulle ’n nuwe kar koop

5 dinge wat almal moet weet voordat hulle ’n nuwe kar koop deur Anet Schoeman. Hooffoto: Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Koop wat jy kort, nie wat jy begeer nie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Koop die voertuig wat jy nodig het en kan bekostig, en nie die een wat jy begeer nie. Dis maklik om meegevoer te raak en ’n duurder voertuig te koop op grond van ’n verhoging of bonus waarop jy hoop – wat dalk nooit gebeur nie.

Lees ook: Jy kan vanjaar R60 000 spaar

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kan jy bekostig om af te tree?

2 Wat is jou behoeftes?

Dink mooi na oor jou voertuigbehoeftes. Daardie kompakte stadsmotortjie met die minder dorstige enjin gaan jou breed laat glimlag as jy sien hoeveel jy op brandstof spaar. Kies die een met die groot kattebak as jy ’n wavrag bagasie moet laai, of een met ekstra sitpleke as jy die netbalspan moet rondry.

Lees ook: Reis só met jou baba

Tieners agter die stuur – wat tieners en ouers moet weet

istock/Image Source

3 Verseker dit of verloor dit

Versekering neem ’n groot hap uit jou begroting, maar dis noodsaaklik. As jou voertuig in ’n ongeluk afgeskryf word en jy het geen versekering om dit te vervang nie, moet jy steeds daaraan afbetaal al is jy jou motor kwyt.

Lees ook: Pasop vir seinblokkers

Ken jou wegsleepregte

Wat jy moet weet oor nies en bestuur

4 Soek gebruikte voertuie binne waarborg

As jy ’n gebruikte voertuig koop, wees op die uitkyk na motors wat steeds binne die waarborg- en diensplan-tydperk is. Vra wat dit sal kos om die planne te verleng.

Lees ook: Wees ’n geduldige bestuurder

5 Maak dit dadelik reg

Wees gesteld op versienings en besoek die werktuigkundige dadelik as jy meen iets is fout. Dit kan jou op die lange duur heelwat geld spaar as jy probleme vroeg identifiseer.

Lees ook: Wat om te doen as jy in ’n motorongeluk beland

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

1 day Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

1 day Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

1 day Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.