5 dinge wat almal moet weet voordat hulle ’n nuwe kar koop deur Anet Schoeman. Hooffoto: Unsplash
1 Koop wat jy kort, nie wat jy begeer nie
Koop die voertuig wat jy nodig het en kan bekostig, en nie die een wat jy begeer nie. Dis maklik om meegevoer te raak en ’n duurder voertuig te koop op grond van ’n verhoging of bonus waarop jy hoop – wat dalk nooit gebeur nie.
Lees ook: Jy kan vanjaar R60 000 spaar
Kan jy bekostig om af te tree?
2 Wat is jou behoeftes?
Dink mooi na oor jou voertuigbehoeftes. Daardie kompakte stadsmotortjie met die minder dorstige enjin gaan jou breed laat glimlag as jy sien hoeveel jy op brandstof spaar. Kies die een met die groot kattebak as jy ’n wavrag bagasie moet laai, of een met ekstra sitpleke as jy die netbalspan moet rondry.
Lees ook: Reis só met jou baba
Tieners agter die stuur – wat tieners en ouers moet weet
3 Verseker dit of verloor dit
Versekering neem ’n groot hap uit jou begroting, maar dis noodsaaklik. As jou voertuig in ’n ongeluk afgeskryf word en jy het geen versekering om dit te vervang nie, moet jy steeds daaraan afbetaal al is jy jou motor kwyt.
Lees ook: Pasop vir seinblokkers
Wat jy moet weet oor nies en bestuur
4 Soek gebruikte voertuie binne waarborg
As jy ’n gebruikte voertuig koop, wees op die uitkyk na motors wat steeds binne die waarborg- en diensplan-tydperk is. Vra wat dit sal kos om die planne te verleng.
Lees ook: Wees ’n geduldige bestuurder
5 Maak dit dadelik reg
Wees gesteld op versienings en besoek die werktuigkundige dadelik as jy meen iets is fout. Dit kan jou op die lange duur heelwat geld spaar as jy probleme vroeg identifiseer.