Vraag
My man sukkel vreeslik met rosacea. Waarvan kry hy dit? Wat sal julle voorstel?
Antwoord
Die oorsaak van rosacea is nog nie regtig heeltemal bekend nie. Daar is genetiese en omgewingsfaktore wat ’n rol speel. Dit is belangrik dat pasiënte met rosacea wegbly van enige kossoorte en medikasie wat blosing (flushing) veroorsaak. Groot wisseling in temperature moet ook vermy word. Daar is baie goeie medikasie (antibiotika) op voorskrif beskikbaar wat verligting kan bied. Laserbehandelings is effektief vir die rooiheid en klein bloedvatjies.