Vraag
Hoeveel keer per week moet ek my hare was?
Antwoord
Dr. Gray sê: “Doen weg met die mite dat jy net elke derde dag jou hare moet was.” Hy sê dit hang af van jou leefstyl en tipe hare. Byvoorbeeld, as jy daagliks die gimnasium besoek, stel hy voor dat jy elke dag jou hare was omdat hare, soos die res van jou vel, vuil word. Hy verseker verder as jy elke dag jou hare was, sal dit ook nie jou hare meer olierig maak nie omdat dit nie die produksie van olierigheid sal oorstimuleer, soos vele mense glo nie. Hy stel voor dat daar spesifieke sjampoes op die mark is vir olierige hare en wat nie jou hare sal uitdroog nie.
Dr. John Gray is ’n mediese dokter, skrywer van vele haar- en velpublikasies, artikels en boeke, asook die mediese adviseur aan Procter & Gamble skoonheid vir die afgelope 25 jaar.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Skop die nuwejaar af met dié heerlike vars slaaie! Resepte deur Vickie de Beer
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Hierdie webwerf gebruik koekies.