Vraag
Wanneer ek my hare reguit blaas en met die haaryster reguit maak, verloor ek die meeste van die volume. Wat kan ek doen om steeds my hare mooi reguit te kry maar nie al die volume te verloor nie?
Antwoord
’n Haaryster verminder volume op areas waar dit gebruik word. Vir meer volume op die wortels, gebruik jou haaryster sowat 2-3 cm weg van die wortels af.
Vir meer volume in die lengte, gebruik die haaryster slegs op die boonste deel van die hare (die gedeeltes wat sigbaar is). Jy kan ook met elke tweede of derde seksie van jou hare ’n effense glans gee met die haaryster – dit sal steeds glad wees, maar met beweging en natuurlike volume.
*Steven Phillips is ’n haarstilis en eienaar van Absolut Hair, Claremont, Kaapstad.