Vraag
Watter velprodukte moet ek vermy as ek ’n sensitiewe vel het wat maklik rooi word?
Antwoord
As jou vel sensitief is, is dit belangrik om nie te veel produkte te gebruik nie, ’n wasmiddel, vogroom en sonblok is gewoonlik genoeg. Bly ook weg van ’n geparfumeerde wasmiddel wat seep en alkohol bevat. Jou vogroom moet ook nie geparfumeerd wees, of te veel chemikalieë of preserveermiddels bevat nie. Onthou altyd sonblok. Toets produkte eers vir ’n paar dae aan die binnekant van jou arm om seker te maak dat jy nie ’n irritasie of reaksie daarvan kry nie. Onthou, sommige teenverouderingsprodukte wat vitamien A bevat, kan soms die vel irriteer.
*Dr. Willie Visser, dermatoloog aan die Universiteit van Stellenbosch, Fakulteit Gesondheidswetenskappe, Tygerberg-hospitaal, Kaapstad
Ons sê: probeer Eucerin se reeks Dermato Clean-velprodukte. Die reeks bevat min bestanddele sodat daar ’n kleiner kans is dat dit jou vel kan irriteer.