Vraag
Ek het baie moesies op my lyf en het al gehoor van “mole mapping”. Hoe werk dit en is dit noodsaaklik om so deeglik na moesies te laat kyk?
Antwoord
Moesiekartering (mole mapping) is ’n prosedure waarvolgens jou liggaam en jou moesies met ’n spesiale kamerastelsel sistematies afgeneem word sodat daar met opvolgbesoeke rekord gehou kan word van enige veranderinge in die grootte, vorm of kleur daarvan. Dit word veral aanbeveel vir mense met baie moesies, of mense wat voorheen ’n melanoom of ’n familiegeskiedenis van melanoom het. Jy kan dit by die meeste dermatoloë laat doen – gewoonlik elke ses maande tot ’n jaar, afhangende van jou risikofaktore.
*Dr. Willie Visser, dermatoloog aan die Universiteit van Stellenbosch, Fakulteit Gesondheidswetenskappe, Tygerberg-hospitaal, Kaapstad