kategorieë: Dynamic Content

Digitale rooi rose

Laai die digitale rooi rose af  vir jou iPad, iPhone, rekenaar of tablet
en spaar meer as 50%!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Het jy geweet jy kan rooi rose in ’n digitale formaat aflaai vir jou iPad, iPhone, rekenaar of tablet? Dit is presies dieselfde as die gewone rooi rose, die enigste verskil is dat jy dit in ’n digitale formaat lees. Klik hier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Als wat jy van digitale tydskrifte moet weet!

Wil jy jou gunstelingtydskrif in digitale formaat lees, maar jy weet nie waar om te begin nie? Die volgende opsomming van Zinio en Magzter, asook die verskille tussen die twee, behoort jou te help om digitaal-slim te word!

Platforms en toep-winkels
Eerstens, wat is Zinio en Magzter? Dit is die gratis toepassings (toeps) wat jy kan gebruik om digitale tydskrifte te koop, insluitend rooi rose en ons sustertydskrifte in die Caxton-stal. Jy kan hierdie handige toeps by jou gunsteling-aanlynwinkel aflaai, soos iTunes of Google Play (vir Android). Besoek een van hierdie aanlynwinkels, soek Zinio of Magzter, klik ‘download’ en die toep sal oopmaak. Jy moet registreer wanneer jy die toep vir die eerste keer oopmaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wag ’n bietjie, wat as jy slegs ’n rekenaar of skootrekenaar gebruik? Geen probleem. Jy kan die skermleser aflaai wat jou in staat stel om tydskrifte op jou rekenaar of Mac af te laai en te lees.

Stap-vir-stap
As jy ’n tablet of slimfoon gebruik, hoe kry jy tydskrifte op die toep afgelaai? Dis makliker as wat jy dink!
1. Maak die toep oop en soek die ‘search’-blokkie
2. Tik in ROOI ROSE
3. Kies rooi rose wanneer ons jongste voorblad verskyn
4. Nou moet jy besluit of jy wil inteken (indien wel, vir hoe lank), of slegs ’n enkele uitgawe wil koop (dit sluit vorige uitgawes in)
5. Maak jou keuse en dan is dit tyd om te betaal

Die betaling
Hoe betaal jy vir tydskrifte aanlyn? Dit is baie eenvoudig. Albei platforms (Zinio en Magzter), gebruik ’n veilige kredietkaartbetalingsisteem asook die internasionaal gerespekteerde PayPol (of betaling deur jou iTunes-rekening as jy die iPad-toep gebruik).

Al wat nou oorbly, is om die tydskrif af te laai, terug te sit en lekker te lees!

Gereelde vrae

Jy het besluit jy wil jou gunstelingtydskrif in digitale formaat lees. Welgedaan! Ons verstaan egter dat dit verwarrend kan wees, veral as jy gewoond is aan gedrukte tydskrifte. Hier is die antwoorde op gereelde vrae rakende digitale tydskrifte:

Algemeen (geld vir beide Zinio en Magzter)

Hoe lank vat dit om ’n tydskrif af te laai?
Die aflaaitydperk hang alles af van jou internet konneksie se spoed, asook die grootte van die tydskrif wat jy gekies het. Dit duur gewoonlik ’n paar minute.

Kan ek die PDF-weergawe kry as ek die tydskrif gekoop het?
Nee. Om diefstal van intellektuele goedere te voorkom, kan jou aankope van Zinio en Magzter-tydskrifte nie in gewone PDF-leêrs verander word nie.

Hoeveel keer kan ek die tydskrifte lees nadat ek dit gekoop het?
So veel as wat jy wil!

Magzter

1. Watter toestelle is bruikbaar?
Magzter: Beskikbaar op iPad, iPhone, iPod Touch, Android en Windows 8. Jy kan Magzter deur iTunes of Google Play aflaai. (Magzter is van plan om binnekort sy dienste na ander platforms soos Symbian, Blackberry OS, ens. te verleng)

2. Kan ek vir iemand ’n digitale tydskrif of subskripsie as geskenk gee?
Ja. Magzter laat dit toe. Soek die opsie wat verskyn tydens die koopproses. Op hierdie stadium laat Zinio slegs toe dat jy vir iemand ’n geskenkbewys gee. Ons beveel aan dat jy Magzter gebruik vir geskenke.

3. Ek het die tydskrif op my iPhone gekoop. Kan ek dit op my iPad lees?
Ja. Jy moet met jou Magzter User ID en sleutelwoord inteken om die tydskrifte wat jy gekoop het, te lees. Jy kan dit op so veel as 5 slimtoestelle van jou keuse lees. Onthou dat jou rekening slegs beskikbaar is vir toegang deur ’n enkele verbruiker en dat die deel van intekenbesonderhede ’n skending is van die toep se reëls.

4. Kan ek die tydskrif op my rekenaar lees wanneer ek nie aanlyn is nie?
Dit is slegs moontlik in Windows 8. Jy kan tydskrifte aflyn lees deur middel van die Magzter-toep, wat aflaaibaar is deur iStore of Google Play.

5. Waar kan ek die GRATIS Magzter-toep vir Kindle aflaai?
Die Gratis Magzter-toep is slegs beskikbaar vir die Kindle Fire en die Kindle Fire HD. Ons bied nie ondersteuning aan ouer weergawes van Kindle nie. Vir Kindle Fire, laai asb. die GRATIS Magzter-toep af van www.magzter.com/kindlefire. Sodra jy die toep geïnstalleer het, gebruik jou Magzter User ID en sleutelwoord om in te teken en jou tydskrif te lees.

6. Help!
Kontak Magzter direk vir hulp. Stuur ’n e-pos na help@magzter.com

Zinio

1. Deur watter toestelle kan ek Zinio aflaai?
Toeps is beskikbaar vir die volgende toestelle: rekenaar, Mac, iPhone, iPad, Android (2.2 of hoër), Kindle Fire en Blackberry Playbook.

Die Online Reader (’n leser wat deur middel van jou soekenjin aanlyn verkry kan word, sonder dat sagteware geïnstalleer of afgelaai moet word), bied jou toegang tot jou tydskrifte deur enige soekenjin wat met Adobe Flash geïnstalleer is. Al wat jy moet doen, is om die Zinio Reader te installeer (aanpasbaar met Windows 7/Vista/XP/2000 en Mac OS). Sodra die Zinio Reader geïnstalleer is, sal al die tydskrifte wat vir jou beskikbaar is, outomaties afgelaai word. *Een voordeel van die Offline Reader is dat bladsye vinniger laai aangesien die tydskrif-leêr direk vanaf jou rekenaar gelees word en nie deur ’n internet konneksie nie.

2. Hoe verkry ek toegang tot die tydskrifte wat ek gekoop het?
Gaan na ‘My Library’, waar jy die tydskrif aanlyn kan lees of aflaai.

3. Kan ek vir iemand ’n digitale tydskrif of subskripsie as geskenk gee?
Op hierdie stadium laat Zinio slegs toe dat jy vir iemand ’n geskenkbewys gee. Ons beveel aan dat jy Magzter gebruik vir geskenke.

4. Kan ek ’n tydskrif aflyn lees met die Zinio Reader?
Ja. Jou Zinio Reader en Download Manager maak dit baie maklik.

5. Kontak Zinio vir verdere vrae
Vir ekstra hulp, besoek die Zinio Help Site: za.zinio.com/www/help/index.jsp

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

6 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

7 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

7 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

7 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

7 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.