Diere-ontwerpe en -ornamente het in 2016 reeds begin om ons binnekamers te bekruip. Daar is soveel om van te kies! Hierdie trend, wat deel is van die Happy Living-neiging, help om jouself effe ligter op te neem en jou te omring met dinge wat ’n glimlag op jou bakkies sit. Diere-elemente is veral beskikbaar in ornamente, tekstiel-ontwerpe, muurpapier en tafelgerei.
Hoe om diere-ontwerpe in jou huis te gebruik
• Die kuns is om op ’n tema te besluit sodat jou huis nie na ’n dieretuin lyk nie. Gebruik dit spaarsamig met die oog op die res van jou dekor.
• Hou kleur in gedagte en kies groepering eerder as ’n té groot versameling wat jou huis oorweldig. Hou dit lig en prettig. #rooirosewenk: Vermy die Groot Vyf!
• Hase was vir ’n paar jaar groot nuus, maar behalwe vir unieke langore, het hulle intussen die hasepad gekies om plek te maak vir ander opwindende karakters.
• Dinosourusse is ’n goedkoop manier om jou kind se kamer ’n nuwe voorkoms te gee. Verf ’n laaikassie en die plastiekdiertjies in dieselfde kleur. Skroef dit dan aan die laaie vas as unieke handvatsels.
Verskaffers
Rialheim: www.rialheim.co.za
Sugar and vice: www.sugarandvice.co.za
Head on design: www.headondesign.co.za
Crema Design: www.cremadesign.co.za
Mr Price Home: 0800 212 535
@Home: 0860 576 576
Head on design: www.headondesign.co.za
African Creative: www.africancreative.co.za