kategorieë: TrendsMode

Diere en hul Kersfeestradisies

The Misadventures of Peanut

Die blog bestaan uit koddige foto’s van Peanut, ’n Kaapse Worshond, se daaglikse aktiwiteite. Hy lê die meeste van die tyd luilekker in die sonnetjie en bak of speel met sy sussies en boeties (Jeanine is ook ’n pleegma vir welsynhondjies). Ander dae word hy mooi getooi en gaan hy op verskeie avonture soos om voor internasionale kamers te pronk. Hou ’n ogie op sy Facebookblad waar daar binnekort ’n aanlynwinkel met al sy klere geloots word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Mamma, Jeanine van Zyl, is Peanut se persoonlike fotograaf en het ook haar eie Facebookblad, Zoey Furtography, waarop sy foto’s van verskeie vierbeenvriende deel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

The Daxies of Cape Town

Die drie worshondjies, Missouri, Nuscki en Tsunami, en ook hul kat-sussie, Sasha, het vining in baie mense se harte gekruip met al hulle mannewales. “Ons het oorspronklik die blad begin vir ons vriende as ’n grap omdat ons honde soveel kattekwaad aanvang en om dit op ’n prettige manier met hulle te deel,” vertel Leana en Heinruch Nel, die ouers. Hul Instagram-profiel het oornag volgelinge van regoor die wêreld gelok en Kersfees ontvang hulle selfs ’n paar kaartjies vanuit onder andere Duitsland, Amerika en Australië. “Daar is ’n hegte vriendskap en ondersteuningsnetwerk tussen die internet-dieregemeenskap. Daar was onlangs ’n geval waar een worsie ’n rugoperasie nodig gehad het en mense van regoor die wêreld het geld ingesamel om die hondjie te help. Dit bly net vir ons verstommend hoe vinnig mens lief word vir jou diere.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Wat beteken Kersfees vir jou?

Peanut –Tonne kos, speeltyd saam met vriende en slaaptyd in die sonnetjie … of wag, dis my lewe, elke dag!

DaxiesMissouri, Nuschki: Kersfees is ’n tyd wanneer baie geskenke onder die boom net vir ons is. Ma moet dit hoog sit, want ons is baie lief daarvoor om die geskenke te steel. Daar verdwyn kort-kort ’n geskenk onder die boom.

Tsunami: Waar is daardie vet boef met die rooi klere? Blaf! Blaf! Blaf!

Sasha: Die boom is lekker om in te klim en al die ornamente af te klap …

Het julle enige Kersfeestradisies?

Peanut – Elke Kersfeers hou die familie ’n groot ete wat volg met geskenke oopmaak. Ek kan gewoonlik nie wakker bly tot die geskenke-deel nie, maar ek blameer dit op die lekker hoenderborsie.

Daxies – Ons het altyd ’n groot familie-saamtrek waar ons lekker kos onder die tafel kry om te eet. Ons het al vir die een klein mensie geleer waar Mamma die lewerhappies bêre. Sy gee ons dan hande vol daarvan (moenie vir Mamma sê nie!) Hierdie jaar gaan ons lekker by Oupa en Ouma in Pearly Beach kuier en saam met ons Jack Russell-niggies, Jessie en Demi, by die see baljaar.

Het julle ’n spesifieke Kersfees-uitrusting?

Peanut – Ek het my Kersfeespakkies reeds uitgesoek. Ek hou daarvan om in die feestyd my strikdas te dra wat by die Kerstema pas, dis belangrik om altyd spoggerig te lyk. Op Kersdag self gaan ek dit plaaslik en eg Suid Afrikaans hou met ’n koel en gemaklike uitrusting wat geskik is vir baie eet, speel en braai!

Daxies – Nuschki: Ek dra my gunstelingpienk rokkie met valletjies. Dit pas by my oë.

Missouri en Tsunami het weggehardloop toe daar klere genoem word.

Sasha: Ek dink die Kersboomversierings pas goed!

Wat is jou gunsteling Kersgeskenk?

Peanut – Beslis ’n gestopte speelding wat kan squeak. Mamma sê dit mors geld omdat ek dit binne 5 minute vermorsel, maar ék sê sy kan nie ’n prys op daardie 5 minute se geluk sit nie!

Daxies – Missouri: ’n Groen 8 cm (die grootte is belangrik) groot bal van Bestpetz. Hy maak lekker geraas en ek is mal oor balspeel.

Nuschki: Enige pienk uitrusting en tannie Sally se lewerhappies wat sy spesiaal vir ons bak!

Tsunami: ’n Hasiepop wat pieperige klanke maak wanneer ek dit hap.

Sasha: Catnip … baie daarvan.

Het jy enige wyse woorde aan jou mede-vierbeenvriende vir die Kersseisoen?

Peanut – Herinner asb. vir my Mamma en Pappa dat nie alle menskos gesond is vir ons nie. Maak nie saak hoe groot ons ons ogies trek nie, maak asseblief eers met ons ouers seker voor julle ons voer.

Daxies – Om happies te kry gaan alles oor strategie, bepaal voor die ete wie die maklikste vir jou smeek-ogies sal swig en teiken haar by die etenstafel! As dit by geskenke kom, is alles joune, ongeag wie se naam daarop staan.

Volg Peanut en die Cape Town Daxies op sosiale media en raak deel van hul mannewales.

Hou jy daarvan om jou troeteldier te bederf? Hier is ’n paar oulike geskenk-idees

Kry dit hier

Dagny se Kerskouse: dagny@telkomsa.net

Ora Pets: www.woofseats.com

Absolute Pets: www.absolutepets.com

Doggie Hillfigher: doggiehillfigher.com

Dog’s Life: www.dogslife.com

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

5 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

8 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

9 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

1 day Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

1 day Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.