Serves:Genoeg vir 12Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
(Jong murgpampoentjies waarvan die blommetjies nog nie afgeval het nie, is alte fraai. Wees op die uitkyk daarna by groentewinkels en markte.)
12 murgpampoentjies met blommetjies, liggies met ’n nat lappie afgevee
300 g van die ricottavulsel
Tempura-beslag
250 ml (1 k) bruismeel
sout
310 ml (1¼ k) yskoue sodawater
sonneblomolie vir diepbraai
Instructions
1 Skep die vulsel in ’n spuitsak met ’n gewone tuit. Maak die blommetjies effens oop en spuit van die vulsel binne-in. Druk die blomblaartjies weer liggies toe. 2 Meng die sodawater stadig by die bruismeel terwyl jy heeltyd met ’n handklitser klits. Geur met sout. 3 Verhit die olie oor matige hitte in ’n middelslagkastrol. 4 Doop elke pampoentjie met sy blommetjie in die beslag. 5 Laat die ekstra deeg afdrup. 6 Diepbraai die pampoentjies om die beurt in die olie tot goudbruin en krakerig. Dreineer op kombuispapier. Sit warm voor.