Diepgebraaide melktertrolletjies
1 Meng die suiker en water in ’n kastrolletjie en kook oor lae hitte tot die suiker opgelos het.Diepgebraaide melktertrolletjies
Ingredients
Instructions
2 Voeg die roosolie, kaneelstokkies en steranys by en laat vir 15 min. prut. Hou warm.
3 Sny die fillovelle in 12 cm x 12 cm-stroke.
4 Sit 2 velletjies fillo opmekaar.
5 Verf die rande met geklitste eier. Skep 30-45 ml melktertvulsel aan die bopunt van die vel, sowat 2 cm van die rand.
6 Vou die vulsel styf toe met die boonste rand.
7 Vou die sykante in en rol die sigaar styf op.
8 Verf die los kant met nog eier, plak toe en laat eenkant.
9 Herhaal tot al die bestanddele gebruik is.
10 Maak ’n kastrol ? vol olie, verhit en diepbraai die rolletjies daarin tot goudbruin.
11 Doop dadelik vir 2 min. in die rooswaterstroop.
12 Haal uit en strooi die pistasieneute oor. Sit dadelik voor.