Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Kyra Welch.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Dr Juanita Killian verkoop nie wonderwerke nie, sy verkoop wetenskap. Sy verkoop nie skoonheid nie, maar gesondheid. Sy vra die regte vrae om die brein en spysverteringskanaal te verstaan, sodat sy die vel, oftewel die geskenkpapier wat ’n mens se binneste toedraai, op sy beste kan laat lyk.
Hierdie pragtige donkerkop met die spierwit glimlag is ’n plaasmeisie wat in Louwna, ’n klein dorpie in Noordwes, saam met haar ma en jonger sussie ná haar pa se dood grootgeword het. Hier waar haar ouers die vulstasie en algemene handelaar op die dorp gehad het, het sy in die stofpaaie rondgehardloop en die plattelandse lewe ervaar. Dis ook hier waar haar oë van die drome vir eendag begin blink het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Ná haar hoërskool-koshuisjare op Vryburg het sy aptekerswese by die NWU (Noord-Wes Universiteit) gaan studeer, waar sy ook haar meestersgraad voltooi het. Sy vertel dankbaar hoe sy deur prof Jeanetta du Plessis die geleentheid gekry het om haar PhD deur die Universiteit van Londen te verwerf waar sy in studies oor die vel gespesialiseer het.
“Al het ek geweet dat ek nie as apteker wou praktiseer nie omdat ek in daardie stadium reeds ’n passie vir formulering en die vel as orgaan ontwikkel het, moes ek steeds my gemeenskapsdiens doen en ’n besluit oor my loopbaan neem. Ek het besluit om ter wille van my drome en visie salarisgewys ’n groot tree agteruit te neem en heel onder as ’n laboratoriumassistent te begin werk.” Sy het besef as sy eendag haar eie velreeks wou hê, sy ’n bietjie van alles sou moes leer; van meng, formuleer, bemarking, gehalteversekering en -beheer, tot finansies.
“Ek het my loopbaan by Avon Justine begin en daarna vir ’n internasionale chemiese maatskappy gewerk waar ek met molekuleformulering te doen gekry het. Nadat ek die korporatiewe wêreld vaarwel geroep het, het ek ’n kliniek in Centurion oopgemaak waar ek besig was met velontledings om vir kliënte produkte te meng , en onder meer vir Nimue gekonsulteer en produkformulering gedoen het. Ek het vinnig besef ek kan net soveel mense bereik as wat die dag se ure my toelaat. Dit is toe dat ek ’n hele reeks begin ontwikkel het, maar ek wou nie net nóg ’n reeks na die mark bring nie. Dit moes absoluut uniek wees.”
DrK is amptelik in 2019 net voor die grendeltydperk bekend gestel. “Hier het ek regtig die Here se genade ervaar, omdat ons grootste kliënte in hierdie stadium in Swede was, wat nooit ’n tydperk van inperking verklaar het nie, en ons kon aanhou besigheid doen.” Dit was veral in hierdie tyd dat sy begin besef het ’n mooi vel lê baie dieper as net die vel, en dat die spysverteringskanaal en die brein ’n baie groot rol hierin speel.
“Dit is hoekom ’n roompie alleen nie genoeg is om optimale resultate te kry nie. My mediese reeks, die cellREVERSE-reeks, is na aanleiding hiervan in 2021 bekend gestel.”
Juanita se ma, wat as kind baie met aknee gesukkel het, het hulle van kleins af aan ’n velroetine gewoond gemaak, maar dit was haar nagraadse navorsing wat haar geïnspireer het om DrK op die been te bring. “Ek het die vel met sy samestelling en werking verstaan. Dit is wanneer die chemie in ’n botteltjie met die anatomie van ’n orgaan trou dat jy resultate kry. Dit was vir my belangrik om ’n produk in ’n botteltjie te maak wat die oppervlak waarop dit werk, verstaan. My handtekening is op elke DrK-produk, omdat ek in die wetenskap daarbinne glo.”
Vir Juanita gaan dit daaroor om ’n verskil te maak. “Ons werk veel dieper as veldiepte. Aknee is wel bo-op die vel, maar dit het ’n dieper psigologiese invloed ook. Ek het ’n groot liefde vir tieners juis omdat so baie van hulle hiermee sukkel.”
DrK se logistieke kantore is in Pretoria geleë met die middelpunt van innovering in die Wes-Kaap. “85% van ons onderneming is in die buiteland gevestig, in Europese lande soos Swede, Spanje en Nederland. Dit vereis dat ek baie reis om die verspreiders op te lei.”
In Suid-Afrika word die reeks slegs deur estetiese dokters versprei wat deur Juanita opgelei is. Die cellREVERSE-reeks is op drie pilare gegrond , waar die eerste pilaar die kommunikasie tussen die vel, die brein en die spysverteringskanaal insluit. Juanita vergelyk dit met ’n ruimtetuig wat na Mars gestuur word en drie bevelsentrums het: Een op die aarde, een op Mars en een binne-in die ruimtetuig. Wanneer die kommunikasie tussen hierdie drie sentrums verlore gaan, sal die ruimtetuig nie suksesvol kan land nie. Dieselfde met die vel, brein en spysverteringskanaal wat konstant met mekaar kommunikeer. “Wanneer die brein trauma, soos hormonale veranderinge, stres of min slaap ervaar, gee dit die boodskap om streshormone, naamlik kortisol en adrenalien, vry te stel.
Wanneer ons egter oor ’n lang tydperk aan hierdie hormone blootgestel word, raak dit nadelig vir ons omdat dit ons inflammatoriese reaksies aan die gang sit. Jy sal dit ervaar wanneer jy voel jou spiere is seer as jy gespanne is. Die inflammasie skeur die wand van die dunderm, wat veroorsaak dat daar bakterieë uit die derm ontsnap. Dit word dan deur die bloed opgeneem en al jou organe, veral jou vel, word daardeur beïnvloed. Die resultaat is dat ekseem vererger of ’n klomp puisies uitslaan.” Nog ’n resultaat hiervan is dat kollageen afgebreek word, wat tot veroudering lei. Dit is dan tipies wanneer jy iemand sien, wat deur ’n traumatiese gebeurtenis gegaan het, en jy dink dat daardie gebeure hom of haar regtig “oud” gemaak het. Dit wat jy sien, is as’t ware die resultaat van die streshormone wat deur die brein afgeskei is, die skeur in die derm veroorsaak het, en die resultaat daarvan nou op die vel te sien is. Die drie organe werk dus die hele tyd saam.
Tydens ’n konsultasie word vrae rondom jou leefstyl wat eetgewoontes, slaappatrone en streshantering insluit gevra. “Ons glo in ’n holistiese benadering waar daar na die hele prentjie gekyk word.”
Die tweede pilaar is die mikrobioom in die vel wat goeie en slegte bakterieë bevat. Die mikrobioom word deur goed soos chemikalieë afgebreek. “Tydens geboorte begin ’n baba se vel bakterieë vrystel terwyl hy of sy deur die geboortekanaal beweeg en daar dan ’n immuunstelsel opgebou word. Wanneer ’n baba met ’n keisersnit gebore word, vind hierdie proses nie plaas nie. Velallergieë, sensitiwiteit en ’n groot reaksie op hormonale veranderinge kom dan algemeen voor.”
Die derde pilaar is die nukleotiede om sellulêre gesondheid te verseker; nie net in die vel nie, maar ook in die derm. “Wanneer jou brein en spysverteringskanaal gesond is, lyk jy anders; jou vel lyk anders en jy dink anders. Nog ’n fokuspunt is fisieke gesondheid, omdat 95% van jou fisieke gesondheid in jou dunderm sit.”
DrK is baie meer as net ’n velsorgreeks; dit bring weer totale balans. “Ons as vroue werk bitter hard vir gelyke geleenthede as mans, en dit eis ’n tol. Ons is uniek bedraad en moet onthou dat ons dieselfde sukses as mans, selfs meer, kan bereik, maar op ons eie, unieke manier sónder om ons vroulikheid prys te gee.”
As ’n kliënt net een produk in die DrK-reeks kan koop, stel sy sonder twyfel Nucleocollagen voor, ’n poeier wat die dermwand gesond maak en keer dat die slegte bakterieë uitlek en inflammasie veroorsaak. “Ek sal nóóit net ’n gesigwas en room voorstel nie. Daar sal altyd ’n produk vir die spysverteringskanaal ook voorgeskryf word.”
Juanita is ’n entrepreneur in murg, been én vel, en as ontbytSAKE se 2024 Onderneming van die jaar-wenner, kan jy maar na haar raad luister: “Ek moes my eie vrese, veral die vrees vir mislukking, oorkom en raaksien dat die Vyand my van my seëninge weghou. Ek het al baie foute gemaak en verkeerde mense vertrou. Luister na die stemmetjie wat sê daar is ’n rooi lig. Ken jou sterk punte. As jy wil groei, het jy ander mense nodig, maar maak die regte keuses.” Verder stel sy voor dat jy gemaklik raak met die idee dat jy gaan voel jy wil opgee en dat die verskillende rolle wat jy as vrou moet vervul met tye net te veel gaan raak . “Maar as opgee nie vir jou ’n opsie is nie, wéét jy jy’s ’n entrepreneur. Wees geduldig met jouself en met die proses. Geniet die reis, want vroue kán multitask en goeie, aanpasbare verkleurmannetjies wees!”
Sy skryf haar onderneming se sukses aan harde werk, dissipline en geleenthede toe, maar bowenal aan Genade onbeskryflik groot. Sy droom van gesondheidsentrums om meer mense die kans te gee om die beste weergawe van hulleself te wees, maar ook van vrede, meer tyd om te reis en die wêreld en sy kulture te ervaar. “Don’t sweat the small stuff. Pick your battles. Moenie energie en tyd bestee op klein goedjies wat jou vrede steel nie.”
Dit kom as geen verrassing nie dat Juanita gereeld oefen en gesond eet en leef, maar sy verklap dat sy darem soms ’n stuk koek of pizza ook eet. “In my volgende lewe wil ek ’n modeontwerper wees, want ek kan nie mooi klere weerstaan nie!”
Die ontwerpersplanne sal inderdaad vir ’n volgende lewe moet wag, want hierdie wêreld het nog vir Juanita Killian nodig om sy mense gesond te maak – van hul kroontjies, regdeur tot hul toontjies.
Kyk saam met ons:
rooi rose en ontbytSAKE op kykNET en kykNET&kie (kanale 144 en 145) fokus op ’n reeks – vrouesake.
Kyk Saterdae om 07:30 met sewe herhalings in die week.
Vir meer inligting, besoek gerus Ontbytsake se webtuiste.
Lees ook: Haar vioolsnare pluk hartsnare
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Hierdie webwerf gebruik koekies.