kategorieë: Ons menseBekendes

Diepe Waters se Zelda en Meghan: Vyf dinge wat jy dalk misgekyk het

Deur Tarryn Josephs

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kykers het Maandagaand vir die eerste gesien dat Meghan en Zelda saamwerk, maar werklik eers Dinsdagaand uitgevind wat hulle plan was reg van die begin af. Meghan het vir Zelda kom vertel net voor sy en Gys getrou het, dat sy hom ontmoet het en dit het dadelik Zelda se belangstelling geprikkel. Dié twee het toe saam begin werk aan ’n plan om Meghan in Gys se huis te kry en van binne sy beeld te skend.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hier is vyf oomblikke wat jy dalk gemis het sedert episode een waar Meghan en Zelda heeltyd in kontak is.

Zelda kuier by Meghan ná haar ongeluk

In episode 17 het Zelda onverwags by die Swartshuis opgedaag om te kom kyk of Meghan oukei is ná haar ongeluk. Sy het ook vir Meghan ’n geskenkpakkie gebring, maar Meghan moes saamspeel indien iemand hulle kan hoor of sien. En net daar loop Gys in en is briesend toe hy vir Zelda sien!

Zelda gebruik toe dié geleentheid om vir hom voor Meghan ’n tafel by haar fondsinsameling aan te bied. Gys het teen dié tyd geweet hy is in die moeilikheid met geld, maar hy is ’n trotse man en gaan verseker nie voor Meghan, en nog minder Zelda, inggee nie. Hy het die aanbod aanvaar en reeds daar het die moeilikheid met sy geldsake begin.

Meghan bring vir Zelda ’n bos blomme ná haar ineenstorting by die Swartshuis

Onthou jy toe Zelda, Gys se huis besoek het in episode 30 en toe voor Jacques inmekaarstort het? Zelda wou hê absoluut niemand weet nie, maar haar ineenstorting het die rondte gedoen en by Meghan uitgekom. Meghan besluit toe om vir Zelda ’n bosblomme te neem na haar salon. Dié tweetjies het toe ’n lang gesprek voor Pam gehad oor motors, maar eintlik het hulle oor hul plan gepraat… Pam het besef iets is vreemd en hulle twee gestop, maar netso het die twee meesterbreine agter die plan die gesprek verander!

Meghan stuur vir Zelda ’n stemnota

In episode 49, probeer Meghan vir Bybie oorreed om nie vir Gys te help met sy plan om vir Braam te oorreed vir die befondsing van sy nuwe projek nie. Bybie verstaan glad nie hoekom Meghan nie wil hê sy moet haar man help nie, want volgens Bybie is Gys desperaat. En sy sal vir Gys help as dit Meghan gelukkig hou. Direk ná Meghan en Bybie se gesprek, stuur Meghan ’n stemnota vir iemand. En wie is daai iemand? Dit was natuurlik vir Zelda om haar te laat weet dat Bybie nou hul plan bietjie omvergegooi het.

Gys en Zelda is in kompetisie by die fondsinsameling

In episode 76, het Meghan ’n fondsinsameling gehou by Die Swart Marlyne om fondse in te bring vir die swemklub. Zelda was die gelukkige wenner van die trekking, maar sy kondig toe voor almal aan sy wil graag haar prys opgee en ’n weddenskap daarop sit. Sy sit net daar vir Gys op die spot en hy stem in. Zelda begin die weddenskap met R5000 en vra voor almal of Gys die prys gaan opstoot. Meghan probeer hom aanraai om dit nie te doen nie en sy het geweet hy gaan die teenoorgestelde doen en die prys opstoot. Zelda en Gys is toe omtrent besig om onder mekaar se vel in te klim, maar eindelik wen Zelda die weddenskap en Gys is verneder voor almal. Aan die einde van dié toneel kyk Zelda regs en glimlag. En na wie kyk sy? Meghan natuurlik en dié lyk heel ingenoom!

Zelda en Meghan gaan oor hul plan en vier hul vordering

In episode 90, wat Dinsdag se episode was, kon kykers vir die eerste keer sien wat Zelda en Meghan van die begin af beplan. Meghan het vir Zelda laat weet sy het ’n man met die naam Gys Swarts ontmoet. Net daar het Zelda begin met haar skelm plannetjies en Meghan het saamgespeel.

Die vraag nou is, wat wil dié twee bereik en hoekom werk hulle saam? Kyk Diepe Waters om 18:30 elke Maandag tot Donderdag op kykNET, DStv-kanaal 144 om die drama te volg, want hierdie is nog net die begin…

Diepe Waters is ook op CatchUp beskikbaar en het Engelse onderskrifte

Lees ook: 10 redes waarom jy die Maart-uitgawe van rooi rose móét lees!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Wat soek ‘Kokkedoor: Son & See’ se beoordelaars? Sjef Yolani Abrahams vertel

Die passievolle kos-entoesias Yolani Abrahams (32) is saam met Herman Lensing een van die beoordelaars…

2 hours Gelede

Dié ekspo in Pretoria bied iets aan vir die hele familie – Dis Outdoor X tyd

Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…

3 hours Gelede

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

1 day Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

1 day Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

2 days Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

2 days Gelede