kategorieë: Ons menseBekendes

Diepe waters-akteurs praat uit oor skok-storielyn

Dié storielyn het die land aan die gons en ons het by die akteurs gaan hoor hoe hulle reageer het toe hulle die eerste keer van hierdie nuwe wending uitgevind het.

Verlede week het dit geblyk dat Johan nie Rossouw (Altus Theart) en Sanet (Nadia Valvekens) se biologiese seun is nie, maar dat hulle hom aangeneem het nadat Rossouw se broer, Jacques (Werner Coetser), destyds ’n 16-jarige meisie swanger gemaak het. Dit was Gys (Justin Strydom), die patriarg van die Swarts-familie, se idee. Want soos almal weet, is Gys se reputasie vir hom baie belangriker as sy kinders en kleinkinders.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Liam, wat die rol van Johan vertolk, lag te lekker terwyl hy sy reaksie met ons deel. “Ek, Altus, Nadia, en Danielle (Karla) was eenkeer in ’n toneel en ek het randomly opgelet dat ek die enigste een in die gesin is met donker oë. Justin het blou oë. Net daarna het ek vir Werner raakgeloop en besef dat hy óók donkerkleurige oë het. Van daardie dag af was dit altyd ’n grappie tussen ons op stel dat Johan dalk Jacques se seun kan wees,” vertel hy. Liam sê nie een van hulle het egter gedink dat dit werklik die geval kan wees nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Werner beaam dit: “As jy gaan kyk na die familiefoto’s, het net ek en Liam donker oë. Toe ons hierdie storielyn kry, kon ons nie glo dat dit daar swart op wit staan nie. My eerste gedagte was: Hoe is dit moontlik? Maar as jy kyk na die storielyn, is dit eintlik beautiful gedoen. Weereens het Gys net beheer geneem en die hele ding oor die Swarts-familie gemaak.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Werner sê as jy met hierdie nuwe wete gaan terugkyk na die episodes, kan jy sien Jacques wou nooit te naby aan Johan gewees het nie. “As Johan iets verkeerd gedoen het, het hy altyd eerste na sy oupa gekyk en nadat Gys hom uitgeskel het, was Jacques die een wat vir hom op ’n baie subtiele manier aangemoedig het. So, daar was altyd ’n band tussen hulle twee, maar jy kon nooit rêrig sin maak daarvan nie. Dit was ’n groot skok vir ons. Welgedaan aan die skrywers,” sê Werner.

Nadia was ook stomgeslaan toe dit aan die lig kom en het baie vrae gehad. “My eerste reaksie was: Hoe!? Toe ons uitvind, was daar nog nie ’n verdere storielyn gewees nie. Ek het gewonder of Sanet dalk ’n verhouding met Jacques gehad het en of Rossouw dalk nie kan kinders kry nie. Ek het ook gedink dit kan dalk ’n aanneming wees, maar nou weet ons wat dit was,” vertel Nadia laggend.

Altus sê dinge gaan nie goed met Rossouw nie. “Waar hy eers vier kinders gehad – Johan, Karla en die twee miskrame – het hy nou net een biologiese kind. Dit is ’n great storielyn en ek dink die mense gaan dit geniet,” sê Altus.

Die enigste vraag is nou: Wanneer gaan Johan hiervan uitvind?

Skakel elke Maandag tot Donderdag om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) in op al die aksie en drama. Diepe waters is ook op Catch Up beskikbaar.

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.