kategorieë: Ons menseBekendes

Diepe Waters-akteurs bederf kinders op Mandela-dag

Op 18 Julie word daar regoor Suid-Afrika Mandela dag gevier, met Suid-Afrikaners wat 67-minute van hul tyd vir hul gemeenskap gee, ter viering van oud-president Nelson Mandela se lewe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook: Maak jou dade daadwerklik op Mandeladag

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Diepe Waters– akteurs en produksiespan het hul bydrae gelewer deur in samewerking met die City of Joburg 50 kinders van die omgewing waar Diepe Waters geskiet word te bederf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Mandela-dag is daar om die lewe en nalatenskap van oud-president Nelson Mandela te eer, en om na te dink oor Mandela se waardes en beginsels, wat daarop gefokus het om ‘n positiewe impak te hê,” sê Roberta Durrant, skepper en vervaardiger van Diepe Waters. “By die ontvangs van die Nobelprys in 1993 het Mandela in sy toespraak genoem dat ‘kinders ons grootste skat is’. Dit is dus gepas vir ons as die rolverdeling en span van Diepe Waters om uit te reik na die kinders van die gemeenskap rondom die Coronation-swembad, wat ‘n sentrale ligging is vir die verfilming van Diepe Waters.”

Die Diepe Waters-swemtonele waarmee kykers al so goed bekend is, word by die gemeenskaplike swembad in Coronationville, Johannesburg, geskiet. Kinders van een van die kleuterskole in die omgewing is genooi vir ‘n oggend van bederf, wat prettige aktiwiteite, face painting, ‘n springkasteel, warmbrakke en geskenkpakkies ingesluit het.

Werner Coetser (Jacques), Reandi Grey (Anja) en Johnny Potsanyane (Tshepo) was van die akteurs wat saam met die kinders op kinderliedjies gedans het en speletjies gespeel het. Werner, Justin Strydom (Gys) en Dané de Waal (Charity) het in die kombuis hand bygesit om die warmbrakke voor te berei.

“Om saam Werner Coetzer hot dog buns te smeer was wel ‘n bonus, maar om kindertjies se magies te kon vul vandag was die grootste prys!” meen Dané.

“Om die klein mensies vol lewe en energie te sien, gee ‘n mens hoop vir die toekoms,” sê Werner Coetzer. “Net ‘n klein bietjie liefde maak die grootste verskil.”

Almal wat deel van die oggend was, kon nie anders as om dieselfde vreugde en opgewondenheid van die kinders te voel nie.

Lees ook: Gee om – dis goed vir jou!

“Dit was vir my so lekker om die unversiële taal te kan praat – dis is die taal van vreugde en lag. Dis natuurlik ook die unversiële taal van kinders, want hulle wil net gelukkig wees,” meen Reandi Grey. “So dit was net lekker om vreugde saam met hulle te kon deel en tot hul vreugde te kon bydra.”

Diepe Waters bedank City of Joburg vir die inisiatief en dat hulle kon deel wees daarvan om ‘n paar kinders se dag ekstra spesiaal te maak.

Diepe Waters word Maandae – Donderdae 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dis ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: Amor Vittone binnekort in Diepe waters: ‘Al wat my karakter soek, is liefde.’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

10 dinge wat met jou vel gebeur soos wat jy ouer word

Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…

17 hours Gelede

Wanneer seks seer is… | Wat is die oorsake en behandelingsmoontlikhede?

Deur Mariette Snyman       “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…

17 hours Gelede

Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge!

    Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier!     Modern 14 F13MG      Kleinhandelaar:…

22 hours Gelede

Bernice West oor ouerskap: ‘Daar is nie woorde nie…’

Foto's: Instagram/Bernice West   Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…

2 days Gelede

5 vinnige visresepte vir aandete

Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…

2 days Gelede

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.