Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Diemersdal wynlandgoed in die Durbanville wynvallei is bekend vir hul uitstaande Sauvignon blanc én vir sesde geslag wynmaker en eienaar, Thys Louw, se pionierswerk met style en tegnieke. Nou gebruik hy glashouers, of WineGlobes, van 220 liter elk, om ‘n unieke Sauvignon Blanc-wyn te maak. Die wyn gis daarin en lê dan vir ’n jaar daarin op die moer, voor dit gebottel word en vir nog ‘n jaar in die bottel rus.
Die eerste oesjaar van dié wyn, The Globe 2023, is onlangs op ‘n spoggerige middagete by Thys en Ladine se historiese huis op die plaas aan gaste bedien. The Globe 2023 se etiket verklap: “The Globe Sauvignon Blanc vergestalt die voorwaartsgedrewe denke van Diemersdal landgoed, en is die toonbeeld van die innoverende nalatenskap van die Louw-familie en laat ‘n mylpaal as die eerste Suid-Afrikaanse wyn wat in die glashouer gegis en verouder is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Hierdie neutrale houer behou die suiwer-essensie van die terroir en verseker ongeewenaarde kultivar-uitdrukking. Wonderlike wyn is tydloos en dit weerspieel die Louw-familie se toewyding tot die volhouding van Diemersdal se vertroude erfenis met visionêre vermoëns.”
Diemersdal se Louws is geen vreemdelinge as dit by pionierswerk kom nie. Thys het nie net agt verskillende Sauvingon blanc style op die mark nie, hy was ook in Nieu-Seeland en het daar saam met Ben Glover van Glover Family Vineyards ‘n Sauvignon Blanc gemaak.
Hy het die Diemersdal Noble Late Harvest Sauvignon Blanc (die druiwe word op die wingerd gelos om amper rosyntjiesoet te word), Diemersdal Sauvignon Blanc Reserve (die hoogste blok op die plaas, klein volumes wat met die hand geoes word), Diemersdal Winter Ferment (gevriesde sap wat vir vyf maande benede -20grade gehou word en dan in die hartjie van die winter gemaak word), Diemersdal Eight Rows (Thys se eerste wyn nadat hy by sy pa aangesluit het en wat net uit agt wingerdrye kom), Wild Horseshoe Sauvignon Blanc (wat hulde bring aan die perde wat die wingerdgrond geploeg het), The Journal Sauvignon Blanc (plek-spesifieke vlagskip-wyn), Diemersdal The Globe en die Durvanville Wine Valley Sauvignon Blanc (tien wynmakers uit die vallei het druiwe vir hierdie wyn geskenk).
Die plaas is nie net bekend vir sy bekroonde witwyne nie, die premium rooiwyne het ook vir jare ‘n lojale gevolg.
Die plaas het met drie Wineglobe’s begin en toe later nog twee bygekry en werk nou met die vyf. Daar is geen inmenging met die wyn nie, wat beteken wyngeure word so suiwer en kultivar- en terroirspesifiek as moontlik gehou, het Juandre Bruwer, senior wynmaker, in die kelder vertel.
Wynmakers se soeke om die geure van elke druifkultivar in hul wyne te behou, het deur die jare vir eksperimente met houers uit uiteenlopende materiaal gesorg.
Wat die WineGlobe natuurlik bo enige ander houer in ’n kelder laat uitstaan, is dat dit die wynmaker in staat stel om te sien wat aangaan tydens die proses van gis tot veroudering. Glas is ook ’n 100% neutrale houer wat geen lug in die wyn toelaat nie, met geen verder invloed op die wyn in terme van tekstuur en ander geure nie.
Thys het vertel hy het die WineGlobe by die kelder van Didier Dagueneau in Pouilly-Fumé in Frankryk gesien, en die voorreg gehad om die Sauvignon Blanc te proe, wat in die glashouers gegis en verouder is.
“Ek was nog altyd gaande oor Dagueneau se wyne en het gedink as dit deur so ’n vooraanstaande produsent gebruik word, moet daar ’n rede wees. En dit is bevestig toe ek die wyne proe: dis ongelooflik vars en suiwer. Jy kon behoorlik die essensie van Sauvignon Blanc uit daardie streek op jou neus en tong ervaar.”
Die houers was ook vir hom baie mooi. Hy het aan gaste vertel: “Soos wat ek in sport doen; ek koop die beste klere en toerusting, dan lyk ek spoggerig. So, die houers was spoggerig en niemand anders in die land het daarvan gehad nie, wat die uitdaging soveel groter gemaak het.”
Thys sê: “Na aanleiding van wat ek by Dagueneau geproe het – en wat ek kon oplees oor WineGlobe – is die gebruik van glashouers nog grootliks ’n werk-in-wording,” sê hy. “Ek is opgewonde oor hierdie unieke wyn en hoop wynliefhebbers is ook.
“Wat jy in die wyn uit die glashouers proe, is suiwer terroir en hierdie wyn kom uit die 1992-blok agter die pekanneutboom – as jy van die huis se stoep af kyk. Dis ons lelikste blok, maar ek het geleer jou lelikste blok gee die beste druiwe.”
Die wyn is nou te koop teen R750 elk en daar is net 1000 bottels beskikbaar.
Juandre het in die kelder vertel dat die gladde kante van die houer ook voordelig is want niks kan daarnaan kleef nie.
Later, toe gaste die wyn kon proe, het hy vertel:
“Die Wine Globe het hierdie wyn ‘n ongeëwenaarde liniêre fokus gegee, ‘n dawerende helderheid in die uitdrukking van Diemersdal se koel-klimaat terroir. Die Sauvignon Blanc open met lewendige sitrusnote, aangevul deur ryp steenvrugte, verskerp deur ‘n mineraliteit en ‘n sweempie seesout. Aromas van vars lelie voeg ‘n subtiele soetheid by die neus. Op die tong lewer dit ‘n delikate dog intense profiel, met geure van soet lemoenskil en ‘n talmende, mineraal-sout-afwerking. ’n Sauvignon Blanc wat pragtig kompleks is.”
Gaste het toe by een lang tafel met outydse linne, pragtige borde met Kaap-Hollandse skilderwerk en groot deelborde seekos aangesit. Verskeie wyne is geproe, ook van die wyne at Thys se pa, Tienie, destyds vir KWV gemaak het.
Durbanville vier vanjaar sy 200ste verjaardag en elke wynplaas in die Durbanville Wynvallei bied op 10 en 11 April aan besoekers iets lekker. By Diemersdal kan jy op 10 April tussen 17:00 en 21:00 kuier met ‘n glas Diemersdal Cap Classique met aankoms, ‘n Wagyuburger en ‘n glas Diemersdal wit of rooi, met lewendige musiek deur Gerry Liberty. Daar kan ook spesiale wyne geproe word. Kaartjies kos R200 elk en kan bespreek word op Diemersdal se webtuiste. Die volledige program vir die vieringe is hier beskikbaar.
Die ontvoering en moord van twee 12-jarige meisies in 1966 op die Vrystaatse dorpie Odendaalsrus…
Ons skoonheidsdirekteur het onlangs die indrukwekkende Enamel Clinic besoek en een of twee dinge geleer…
Kook weer soos Ouma. Hierdie beestong-broodjie is ’n staatmaker! Deur Vickie de Beer. Foto deur…
’n Verfrissende slaai met roket, bronkers, beet, bokmelkkaas, rooi uie en balsemiekasyn. Deur Vickie de…
As dit by trooskos kom, is kapokaartappels bo-aan die lys. Voeg net ’n paar geurmiddels…
Hierdie webwerf gebruik koekies.