Diek Grobler en sy animasiekuns in Japan deur Mariette Snyman. Foto’s deur Gerrie Snyman, tensy anders aangedui.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Hoewel die bekroonde kunstenaar Diek Grobler in verskeie mediums werk, was vanjaar vir hom in terme van sy animasiekuns ’n groot jaar. Van sy films is gekies om op animasie- en poësiefilmfeeste in onder meer Frankryk, Duitsland, Ierland en Japan ten toon gestel te word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
1. Diek, waar het jou animasiewerk vanjaar oral gaan draai?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Lees ook ons onderhoud met Laurinda Hofmeyr
2. Vertel van julle reisplan na die Ooste
Ek en my eggenoot, Gerrie Snyman, het ongelukkig ’n beperkte reistyd gehad. Ons was slegs drie dae in Hong Kong en drie dae in Tokio. Toe is ons met die Shinkanzen – die hoëspoedtrein – na Hirosjima vir ’n week by die fees.
3. Wat was jou eerste indruk van Japan?
Wanneer jy ná ’n lang reis die eerste keer daar aan wal stap, is dit nogal oorweldigend om jou weg te moet baan en al die lettertjies wat jy sien, is in Japannees. Die mense is egter ontsettend hulpvaardig en hoflik. En nie een of twee nie. Almal.
4. Vertel ons van die landskap
Die landskap deur die treinvenster was groen en vriendelik – nogal dig bebou, maar dit het tog gelyk of baie wildernis behou word. Hiroshjima is omring deur groen heuwels, so dit voel nogal knus. In kontras daarmee was die park waar die atoombom geval het drie straatblokke van ons woonplek af.
Die oorsese gaste by die fees is almal vir ’n piekniek die berge ingeneem. Ons het twee ure tussen groen heuwels, later berge, deurgery tot by ’n hoogliggende vakansieoord met ’n glashelder bergstroom waarin ek heerlik geswem het.
5. En die mense?
Ek het nog nooit so baie ordentlike mense bymekaar beleef nie. En almal is uiters ordentlik met almal, nie net met ons vreemdelinge nie. In ’n week en ’n half het ek net een onbeskofte Japannees raakgeloop.
6. Hoe het jy die algemene leefwyse ervaar?
Dis ’n baie geordende samelewing. Alles werk en is betyds; niemand druk by rye in nie, elkeen wag sy beurt af. ’n Toeris se indrukke is natuurlik nie noodwendig akkuraat nie – jy bevind jou buite jou gewone verwysingsraamwerk en kan maklik situasies idealiseer.
7. Vertel ons van die kos!
Die kos val honderd present in my smaak en elke happie was ’n avontuur. Ons het meesal eenvoudig geëet – sommer gou by ’n straatrestaurantjie ingeval vir ramen, gebraaide hoender of ’n bakkie noedels. Wanneer ek weer gaan, wil ek meer tyd hê, meer stede sien en die kos behoorlik beproe. Dié ontdekking van die reis was ’n fusie van Japannese en Westerse kos: Wasabi-risotto! Dit is die tipe dis waarvoor jy dalk jou geboortereg sal verkoop…
8. Hoe het jy die animasiefees ervaar?
Elke aand was daar ’n kompetisievertoning van 18 tot 20 films – die dag se belangrikste vertoning, en altyd stampvol. Deur die dag was daar ook ander vertonings, soos oorsigvertonings van die jurielede se werk, werkwinkels en paneelbesprekings.
Weer was die respek van mense vir mekaar besonders. Ek het nóóit in enige vertoning ’n selfoon hoor lui nie. Jy eet of drink ook nie in ’n gehoorsaal nie. In Junie in Frankryk het dit my grensloos geïrriteer wanneer die gehoorlede, terwyl hulle wag vir die vertoning om te begin, mekaar en die skerm met goed gooi – van papiervliegtuigies tot popcorn. Die Japannese doen dit nie.
Die reaksie op my werk was uiteraard nogal goed – die mees uitgelese paneel jurielede wat ek nog saam gesien het, het vir my ’n prys gegee! En glo my, hulle laat jou voel asof jy die Nobelprys vir Vrede gewen het, nie net ’n klein silwerbekertjie nie.
9. Watter uitstappies en inkopies kan jy aanbeveel?
Ek sou enige uitstappie wat jou in Japan gaan kry, aanbeveel. En dan is daar ’n Japannese ontwerpwinkel, Muji – hulle het ook takke in ander wêreldstede, maar die een in Tokio is nogal fantasties – met die mooiste ontwerpersgoed, van pantoffels tot kleefband, van stoele tot naelknippertjies. Alles is pragtig, eenvoudig en skoon. En dan die mochi: ’n jellierige lekkerny gemaak van rys wat met hamers gemoker word totdat dit ’n vreemde, sagte, jellierige tekstuur kry. Ek dink dis nou my gunstelinglekkergoed.
10. Enige reiswenke vir Japan?
Gaan onmiddellik! Dis ver en die vliegkaartjies is maar duur, maar Japan self was vir my goedkoper as Europa. Die drukkend warm monsoenseisoen (Augustus) is nogal uitputtend, so jy kry minder gedoen as wat jy graag sou wou. Ek dink die lente of herfs gaan nóg lekkerder wees.
11. Wat het jou hart gesteel?
Mochi. Japan. Hirosjima.
12. Waar kan ons van jou kunswerke te sien kry, en meer uitvind oor jou animasiewerkwinkels?
Algemene inligting en kunswerke by www.diekgrobler.co.za en animasiewerke by https://vimeo.com/channels/1364705 of stuur ’n e-pos aan diek@fopspeen.co.za
Animasiewerkwinkels
Ek hou van tyt tot tyd werkwinkels wat fokus op handgemaakte en eksperimentele animasie. Ek pas die werkwinkels aan soos verlang – dit kan vir absolute beginners wees, of vir studente of kunstenaars wat meer van die dissipline wil weet. Ek hou dit gewoonlik by Johann van Heerden se gallery in 593 Jacquelineweg, Garsfontein, Pretoria. Die werkwinkels verg geen duur sagteware of toerusting nie. Meer inligting by Miekie: 079 780 9807.
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.