kategorieë: DieetGesondheid

Eet jou pad na goeie sig: Kos vir gesonde oë

Oogsorgstudies die afgelope 20 jaar verbind gesonde eetgewoontes met ’n verlaagde kans tot ouderdomverwante makulêre-degenerasie. Hierdie toestand is die oorsaak van ’n klein kolletjie naby die sentrale deel van die retina, die deel wat noodsaaklik is vir sentrale visie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hierdie studies toon dat ouderdomverwante visie probleme verhoed kan word deur voedingryke kosse wat sink, luteïen, zeaxanthin, vitamiene C en E en omega 3-vetsure bevat, gereeld by jou dieet in te sluit:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sink: sink is een van die mees gekonsentreerde minerale in die oog. Dit werk ook as as ’n ‘molekuulhelper’ of ‘vervoermineraal’ omdat dit vitamien A vanaf die lewer na die retina help vervoer. Dié vervoerproses is noodsaaklik vir die produsering van melanien, ’n beskermende pigment in die oog. Spinasie, pampoensade, neute en sjokolade is goeie voedingsbronne van sink.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Luteïen en zeaxanthin: hierdie voedingstowwe verminder jou kanse om chroniese oogsiektes, insluitend ouderdomverwante makulêre-degenerasie en katarakte, te ontwikkel. Katarakte veroorsaak wasigheid in die oog wat dit moeilik maak om te sien. Maak seker jy eet baie groen blaargroentes en moenie skaam wees om aan ’n vullende ontbyt met eiers weg te lê nie – eiers is ryk aan beide luteïen en zeaxanthin.

Vitamien C: vitamien C is ’n belangrike mineraal wat die ontwikkeling van katarakte beveg. Wanneer dit saam met ander noodsaaklike bestanddele ingeneem word, kan vitamien C ook help om ouderdomverwante makulêre-degenerasie en die verswakking van visie te verhoed. Hou by die vyf-porsies-per-dag reël om genoegsame vrugte en groente in te neem.

Vitamien E: vitamien E is ’n sterk antioksidant wat oogselle en -weefsel teen vrye radikale beskerm. Dit kom in neute, aangemaakte pap en patats voor.

Vetsure (omega 3): nog ’n goeie rede om vette by jou dieet in te sluit is vir die instandhouding van die senuweestelsel wat ook belangrik is vir die ontwikkeling van goeie visie en goeie retinale funksionering. Voeg vis soos sardientjies of tuna by slaai en toebroodjies, kikker soutbeskuitjies en ryskoekies op met ’n geurige avokadosmeer of begin jou dag deur vlassaad by pap of muesli te voeg.


‘Sien’ jouself deur die digitale era met goeie oogsorg

Om voor digitale skerms vir lang tydperke te werk kan jou oë irriteer en selfs beskadig. Dit kan lei tot oogspanning, dowwe visie, probleme om op voorwerpe op ‘n afstand te fokus, droë oë (veral met kontaklense), hoofpyne sowel as nek-, rug- en skouerpyn. Die volgende wenke sal help:

• Maak seker dat jou huidige lensvoorskrif steeds gepas is vir jou oë en goed genoeg is vir rekenaargebruik.

• Vervang jou kontaklense met ’n bril wanneer jy voor die rekenaar werk. Dit kan help om oogspanning, wat deur kontras en flikkering van die rekenaarskerm veroorsaak word, te verminder.

• Stel jou rekenaarskerm sodat die boonste deel van die skerm dieselfde hoogte as jou oë is en dat jy effens af na die skerm kyk.

• Kies ’n gemaklike stoel wat ’n goeie postuur ondersteun. Stel die stoel se hoogte sodat jou voete plat op die vloer is.

• As jou oë droog is, knip hulle meer of gebruik oogdruppels.

Rus jou oë elke 20 minute. Kyk ses tot sewe meter weg vanaf die skerm vir 20 sekondes.

Strek jou bene ten minste elke twee uur en gaan stap vinnig vir 10 tot 15 minute.

Lees ook: 15 tekens wat aandui dat jou kind ’n sigprobleem het

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

9 seconds Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

8 mins Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

13 mins Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

31 mins Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

1 hour Gelede

Heerlike winterpastagebak

Hierdie heerlike pastagebak is genoeg vir 6 porsies.

1 hour Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.