Lekker geselsies met akteurs in die warm ruimte van Die Khaya.
Deur Maryke Roberts. Foto’s Clifford Roberts
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Elke moontlike saal, gallery, ouditorium en kuierplek is spesiaal ingerig vir die fees. Vanjaar se feestema is “Speel” en dis beslis wat daar op die dorp gebeur.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die fees bied waarlik iets vir almal en daar is klassieke musiek uitvoerings in die Endler; orrel-uitvoerings in die Moederkerk, die feeskunstenaar, Marlene Steyn, se werk in die Sasol Kunsmuseum, boekbesprekings, opelug musiekkonserte en lewendige uitsendings van RSG vanaf Die Khaya.
Lees ook: Pieter Smith vertel die storie van Afrikaanse musiek op Pretoria FM
Dr Kosmologiese klavier-improvisasies en kwantum-doedelsak-uitvoerings: Dr. Philip Southey – of vir sy Afrikaanse studente aan die US Doktor Soutie – is benewens fisikadosent ook ’n bekwame pianis en kitaar- en doedelsakspeler. Hy het ‘n wonderlike uiteenlopende vertoning van wetenskap en musiek aangebied.
Daar is rondwandelings met kunstenaars, besoeke aan Dylan Lewis se beeldhoutuin en sommer baie leefstyl-geleenthede waar jy met bekendes kan skouerskuur.
Saans begin die vermaak met insiggewende wynskool-aanbiedings deur die Stellenbosch Wynroetes, waar jy meer oor Suid-Afrika se vonkelwyn en unieke wynkultivars kan leer, met wynmakers gesels en sommer van die land se voorste wyne proe.
Die Stellenbosch Wynroetes Wynskool het verskeie kultivars en wynstyle op hul program. Hier is die wynmakers wat die Cap Classique aanbieding en -proe gelei het, van links: Narina Cloete (Blaauwklippen), Shawn Mathyse (Ken Forrester), Nathan Valentine (Villiera), Danna de Jong (Simonsig) en twee vrolike vroue Lizemari Geldenhuys (Kleine Zalze en Heidi Dietstein (Spier).
Die fees het verlede naweek afgeskop met ‘n langtafel in die Open Window-kampus by Oude Molen waar meer as 450 gaste saamgekuier het met lekker musiek en die wonderlike braaikos van Johnny Hamman van John Joseph Anatomy of Food. Gure weer het die straatfees binnetoe gedwing, maar tóé is dit so intiem en gesellig, dat niemand die lang laning eikebome bo hul koppe mis nie.
Die pragtige langtafel moes vanjaar binnenshuis aangebied word, maar die gure weer het beslis nie die speel-gees gedemp nie.
Die ateljee-besoeke by kunstenaars is ‘n groot treffer. Hier kuier feesgangers by Andries Gouws in Jamestown waar hy sy kunsreis beskryf, terwyl daar na sy kunswerke gekyk kan word.
Die program is nog propvol en aan tot Sondagaand en daar is kaartjies vir verskeie produksies beskikbaar.
Meer inligting hier: https://woordfees.co.za/
Lees ook: Die Emmy-toekennings se nápartytjie: Wenners en wonderwerke
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.