Heinz en Aletté-Johanni Winckler was vandeesweek Rian van Heerden se gaste op Laataand by Rian. Dié glanspaartjie het prontuit gesels oor Aletté-Johanni se voorkomskonsultant-skool, Heinz se bediening en ook die heftige kritiek wat hulle gekry het nadat hulle hul Christelike boeke – Lewensgids vir mans deur Heinz en Lewensgids vir vroue deur Aletté – by die Breytenbach-sentrum in Wellington bekendgestel het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Heinz is die eerste Suid-Afrikaanse Idols-wenner en nou pastoor, en Aletté-Johanni is ’n motiveringspreker, skrywer en sakevrou.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Rian het sommer dadelik ingespring en vir Aletté-Johanni gevra oor die onlangse mediaberigte dat sy studente by haar voorkomskonsultant-skool oplei om vir Heinz se Love Key-kerk te werk.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“Dit was ’n skok vir my sisteem. Ek kon nie eintlik glo dat ’n ondersoekende joernalis die saak behartig het nie. Dit was vir my so ongelooflik dat hulle een persoon se opinie kon vat en ’n opskrif soos dit kon skep. Dit was vir my so moeilik om in daardie tyd stil te bly, maar dit is wat die Here vir my gesê het,” was haar antwoord.
Heinz het ook die storie vertel oor hoe hy en Aletté mekaar gevind het. Hy was besig om ’n pad te stap met ’n pastoor in 2005 oor innerlike genesing. By die laaste sessie het hy ’n duidelike visie voor hom sien afspeel. “Ek het ’n epic shot gesien van myself wat langs ’n vrou staan, en ek het baie duidelik drie seuns en ’n dogter gesien.” Hulle het mekaar toe al ’n jaar geken, maar was nog nie ’n paartjie nie. En vandag het Heinz en Aletté inderdaad drie gesonde seuns en ’n dogtertjie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Lees ook: Die Brug is terug! Wat wag in die tweede seisoen?
Die gesprek het gedraai na die Wincklers se boekbekendstelling by die Breytenbach-sentrum in Wellington verlede jaar. Dit het groot omstredenheid veroorsaak ná Heinz se stelling oor seksuele oriëntasie in skole in 2021. Heinz het kapsie gemaak teen Laerskool De Hoop, waar sy kinders skoolgaan, se besluit om ’n transgender leerder te akkommodeer.
“Die persepsie wat daarbuite is, is dat as ons van jou verskil dan haat ons jou. En dit is so nie waar nie. Ons is lief vir mense. Ons is kinders van die Here. Ons wil nie mense stenig nie,” het Aletté gesê.
Heinz het op sy beurt gesê soos hy dit verstaan, was Breyten Breytenbach ’n kampvegter vir ’n paar dinge, onder meer, vryheid van spraak. “Ek is dankbaar vir die mense van die sentrum wat nie geval het vir die intimidasie-nonsens nie. En ek’s dankbaar vir almal wat gekom het en nie geval het vir die intimidasie en valse aantuigings teenoor ons nie.”
Rian en die Wincklers het verder gepraat oor die betekenis van die Bybel en hoe jy dit as gelowige moet interpreteer.
Daar was nie, soos gewoonlik in Laataand by Rian, ’n tweede gas nie.
Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Nadia Beukes oor haar eerste rol as regisseur in nuwe teaterproduksie
Rian gesels volgende week met die veteraan-radio-aanbieder Darren Scott. Hy is al dekades lank in die radio- en televisiebedryf, maar veg tans teen ’n aggressiewe kanker.
Laataand by Rian word Dinsdae om 21:00 op kykNET (DSTV-kanaal 144) uitgesaai en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.
Lees ook: Nuwe dokumentêre kykNET-reeks oor die geskiedenis van Afrikaans gaan jou nuwe oë en ore gee
Bestanddele Susan sny elke laag deur en vorm so ’n vierlaagkoek. Ons het die resep…
Die kykNET-sepie Suidooster se sterre skitter weer helder by vanjaar se Suidoosterfees by die Kunstekaap. …
Daar is ’n ou stukkie Chinese wysheid wat sê: “Jy sterf van jou voete af…
Vier Paasfees met ’n lang, uitgerekte kuier in die buitelug. Hier is heerlike en maklike…
Ontglip jou kind jou elke keer as jy wil gesels? Hier is ’n paar wenke…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Hans van Veen Die 29ste KKNK, geborg…
Hierdie webwerf gebruik koekies.