Met ’n ongelooflike passie vir mense, kos en die gemeenskap, kom al hul produkte uit Linden – heuning van Louis Venter in 9de straat, vleis van Ross se slaghuis, ensovoorts. Klein besighede en nuwe entrepreneurs word so ver as moontlik ondersteun om die Whippet eg te maak. Mede-eienaar Divan het ’n klein yskassie gekoop om seker te maak dat daar elke dag vars produkte bestel word.
Die dekor is rondom die buurt se geskiedenis ontwerp. Linden was in 1938 die grootse uitvoerder van ingelegde perskes na Europa, weens die vrugbare grond. Om dit te eer, word tradisionele ingelegde perskes ook verkoop.
Maak gerus ’n draai en proe die Whippet se eie vermenging: ‘Die Linden blend’ is ’n moet vir koffieliefhebbers. Hou jou oë oop vir ‘Love Coffee’ aande!
“Elke dag besoek ma’s, pa’s, akteurs, advokate, skrywers en digters die winkel en ek hoop ons koffie kan die volgende gedig, fliek of boek inspireer.” Divan & Jaco The Whippet Linden
Vind Die Whippet op die hoek van 7de Straat en 4de Laan, Linden.