kategorieë: In die nuusJou lewe

Die wêreld se oudste hond word 31 – Geluk Bobi!

Deur Savanna Douglas. Foto’s: Getty Images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bobi – wat in Februarie deur Guinness World Records as die wêreld se oudste hond gedoop is – het Saterdag sy 31ste verjaardag gevier, met meer as 100 gaste (insluitend ‘n dansgroep wat optree) by sy tradisionele Portugese verjaardagfees, wat deur sy familie en eienaar, Leonel Costa, georganiseer is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bobi is nie net vroeër vanjaar as die wêreld se oudste hond aangewys nie, maar is ook die oudste hond wat nog aangeteken is, volgens Guinness World Records.

Sedert hy die rekord in Februarie opgestel het, het Bobi internasionale bekendheid verwerf, met mense van alle uithoeke van die wêreld wat Conqueiros besoek het – ‘n plattelandse dorpie suid van Portugal – om hul ‘n foto saam met die rasegte Rafeiro do Alentejo, ‘n ras wat bekend is vir die bewaking van vee, te neem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Foto: Getty Images

’n Nuusvrystelling deur Guinness World Records haal Bobi se eienaar, Leonel, aan:

“Ons het baie joernaliste gehad en mense het van regoor die wêreld gekom om ‘n foto saam met Bobi te neem,”

“Daar is baie foto’s geneem en hy moes baie keer op en af … dit was nie maklik vir hom nie.”

Om te verseker dat die ekstra aandag en gereelde besoeke van vreemdelinge nie stres veroorsaak of sy gesondheid negatief beïnvloed het nie, het Leonel Bobi vir ‘n ondersoek geneem en die veearts het gerapporteer dat hy steeds in goeie gesondheid is, ten spyte van ‘n natuurlike afname in sig soos hy ouer word.

Volgens Leonel is dit die “kalm, vreedsame omgewing” waarin hulle woon wat Bobi aan die gang hou.

In die vrystelling sê Leonel:

“Bobi is spesiaal, want om na hom te kyk is soos om die mense te onthou wat deel van ons familie was en ongelukkig nie meer hier is nie, soos my pa, my broer of my grootouers wat reeds hierdie wêreld verlaat het.”

Lees ook: Sewe goedvoelwenke vir elke dag

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Korslose hamquiches

Hierdie korslose hamquiches smaak heerlik én is laekoolhidraat!

19 mins Gelede

Jou somer-opknapgids vir jou tuin

Hier is ’n paar doeltreffende idees om plante gesond, mooi en goed gestruktureer te laat…

17 hours Gelede

‘Kyk wie praat’: De Klerk en sy klitse keer terug na kykNET!

Berei jouself voor vir ’n lekkerlag-saamkuiersessie tydens die vierde seisoen van kykNET se vermaaklike Kyk…

19 hours Gelede

Hou vlieë uit jou huis! Hier’s 10 afskrikmiddels wat jy self kan maak

Die vlieg is seker een van die mees onwelkome kuiergaste. In Suid-Afrikaners word vliegplae deur…

22 hours Gelede

Bo-Kaap se bobaas-kok André Hill deel sy gunsteling-resep vir Valentynsdag

Aan die stuur van die Radisson RED Waterfront se opwindende kulinêre toneel is Uitvoerende Sjef…

1 day Gelede

15 dinge wat jou help om op versekering te spaar

Moenie te veel geld bestee op versekering nie! Hier is 15 dinge wat jou help…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.